Boedels, Testamente en Trusts is ‘n gespesialiseerde vakgebied en ons kry dus deurlopend navrae oor verskeie temas. Ons het ‘n paar vrae wat ons in die verlede ontvang het met terugvoere gelys.

Boedels, Testamente en Trusts is ‘n gespesialiseerde vakgebied en ons kry dus deurlopend navrae oor verskeie temas. Ons het ‘n paar vrae wat ons in die verlede ontvang het met terugvoere gelys.
Die personeel het Pantoffeldag en Tekkie Tax ondersteun. In Namibië was daar ‘n kankerbewusmaking rally waaraan ons deelgeneem het. Ons het afskeid van ‘n kollega geneem en ons sien uit na die Spanbou op 7 Junie 2019.
From 1 June 2019, the all new Carbon Tax Act 15 of 2019 (CTA) will be effective, and the final method of reporting and administration thereof is said to follow shortly thereafter. This new tax type will affect any person or entity who conducts an activity which results in the emission of greenhouse gases above the allowed threshold.
SARS released new rules regarding the compulsory use of a logbook, which are applicable from the 2019/2020 financial year. Previously, taxpayers only had to keep a logbook for business travelling purposes, but in terms of the new rules, taxpayers must declare all travelling, including private travelling, in a travel logbook.
Daar ontstaan dikwels vrae oor die hantering van polisse in u boedel en daar is veral baie onsekerheid oor of die opbrengs van ‘n polis belasbaar is vir boedelbelasting of nie. Hoe werk polisse en boedelbelasting?
Tydens April het ons van ‘n kollega afskeid geneem. Gedurende Mei maand was die personeel aktief by die Safari Maraton in Wellington, en ons ondersteun ook Reach for a Dream en Tekkie Tax.
In ons dag tot dag gesprekke met kliënte, kollegas, vriende en familie word ons toenemend bewus van die behoefte onder vrouens om ingelig te wees en bemagtig te word ten opsigte van finansiële vryheid en onafhanklikheid. Tydens ons Vrouedag byeenkoms gaan ons hierdie temas bespreek.
Hierdie artikel is ‘n opvolgartikel van ons Maart 2019 uitgawe. Wonder u moontlik oor die kostes verbonde aan finansiële emigrasie en watter inligting u aan die owerhede moet verskaf? FHBC is opgewonde om aan te kondig dat ons u van hulp kan wees met die opweeg van belange, die insameling van die nodige dokumentasie/bewysmateriaal, die berekening van die belasting en ander kostes verbonde aan die proses asook die voltooiing van die aansoek om finansieel te emigreer.
Boedelbeplanning behels die proses om gedurende u leeftyd die uitvoerbaarheid van u Testament te toets met die doel om boedelbelasting, kapitaalwinsbelasting en skenkingsbelasting tot die minimum te beperk of selfs heeltemal uit te skakel.
Tydens Maart en April was ons geleentheid gebied om as kollegas fees te vier. Ons is dankbaar oor twee babatjies wat gebore is, oor verjaarsdae wat nog ‘n jaar herdenk kon word, oor ‘n huwelik wat betree is, gesondheid om aan sportgeleenthede te kan deelneem en oor ons Paarl kantoor.