PERSONEELNUUS

Op Vrydag 6 Maart het ons die Belastingjaar se einde met ‘n braai afgesluit.  Dankie aan die Direkteure wat vir ons gebraai het.

braai2

Die personeel het met groot opgewondenheid ons Direkteur, Jacobus Maree, alle sukses toegewens vir sy deelname aan die Cape Epic Bergfietsresies.  Die personeel het geel aangetrek en die voorkant van die kantoor was ook in geel getooi ter ondersteuning van die Epic wat deur Wellington beweeg.  Ongelukkig, weens Covid-19, is die Epic afgestel.  Jacobus het egter steeds 15 – 22 Maart die roete aangedurf!  Ons is baie trots op hom!

epic_09

Die krieket se liga het eers tot ‘n einde gekom.  Dankie vir almal wat so getrou gespeel en ondersteun het.

Ons is baie trots op JC Laubscher (Ouditbestuurder van BKI) wat Raad 1 van sy Kwalifiserende Eksamen geslaag het.

Ons personeel werk flink voort vanaf hulle huise om steeds ons kliënte tot diens te wees.

Ons moedig elke personeellid en kliënt aan om veilig te wees in hierdie tyd.