Ons het die voorreg gehad om leerders vir vakansiewerk in te neem. Een kollega was gegroet, ons het ‘n skuif in spanne gehad, ‘n kollega se klerkskap is voltooi en die personeel gaan ‘n “Hou moed bederfie” ontvang.


Ons het die voorreg gehad om leerders vir vakansiewerk in te neem. Een kollega was gegroet, ons het ‘n skuif in spanne gehad, ‘n kollega se klerkskap is voltooi en die personeel gaan ‘n “Hou moed bederfie” ontvang.

Die kollegas het wol ingesamel om te skenk. Ons het kollegas gegroet en ‘n nuwe kollega verwelkom. Ons het “Christmas in July” gehou. Ons het vakansiewerkers welkom geheet.

Ons het Dodgeball tydens ons spanbou gespeel en dit was ‘n ware stryd. Ons het ‘n kollega gegroet en ook nuwe kollegas verwelkom. Ons het pantoffeldag van “Reach for a Dream Foundation” ondersteun. In Junie wag ‘n langnaweek op ons.

Ons het van twee kollegas afskeid geneem, terwyl ons drie kollegas verwelkom het. Ons spanbou beloof om vir baie pret en plesier te sorg.

ABSA Cape Epic MTB was suksesvol voltooi. Ons spog met opgegradeerde kantore in Windhoek, Namibië. Ons het twee kollegas gegroet en ‘n nuwe kollega welkom geheet. Paasfees was gevier. Die Xero Roadshow was bygewoon.

Ons het deelgeneem aan Wellington Rolbalklub se jaarlikse besigheidsliga. Op Valentynsdag het die kollegas ‘n klein bederfie ontvang. Ons het ‘n kollega met ‘n kombuistee verras. Ons het kollegas gegroet en kollegas welkom geheet. Een van ons direkteure neem deel aan die Epic MTB fietsresies.

Ons nuwelinge wat in 2025 Matriek geskryf het, het ‘n bederfpakkie ontvang. Vrydag 16 Januarie was ons afskopbraai wat deur die nuwelinge gereël was. Ons het ‘n kollega gegroet. Valentynsdag is om die draai.

Ons Jaareindfunksie was ‘n Skitter en Glansgeleentheid, ons het ‘n kollega gegroet, ons het nog ‘n opwindende aankondiging gemaak en verder het ons die nuwelinge verwelkom. Ons sien uit na die afskopbraai komende Vrydag.

Gedurende November het ons die laaste groep se verjaarsdae gevier, asook Huis Andrew Murray se Santa Shoe Box projek ondersteun. Ons het ‘n babatee gehou en ‘n Xero geleentheid aangebied. Ons Jaareindfunksie was ‘n Skitter en Glansgeleentheid met opwindende aankondiginge.

Oktober was gevul met verskillende aktiwiteite en bederfies om gesondheid aan te moedig. Ons kon ons direkteure op Basedag bederf. Ons het ‘n kollega met ‘n kombuistee verras. Verder gaan ons vroeg in November weer verjaarsdae vier.