PERSONEELNUUS

Op Valentynsdag was almal in rooi getooi.  Dankie aan die sosiale komitee se lede wat die kantore so mooi opgemaak het.

valentynsdag
Ons het twee spanne ingeskryf vir die Besigheidsliga Rolbal Toernooi.  Dankie vir die goeie gees tydens die deelname.  Weereens ‘n woord van waardering aan die Rolbalklub vir hulle puik reëlings.

rolbal_07
Twee Direkteure, Jacobus Maree en Hendrik Rabie, het aan verskeie bergfietsresiese deelgeneem.  Onder andere die 61km Nissan Trail Seeker in Banhoek op Saterdag 15 Februarie en die 75km Imbuko Big 5 in Wellington op Saterdag 22 Februarie.  Pierre la Grange en Gavin Fraser (SAIPA klerke) het aan die 34km Nissan Trail Seeker deelgeneem, terwyl Pierre ook die Imbuko Big 5 aangedurf het.  Jacobus het vroeër die maand, op 4-7 Februarie, ook aan die Tankwa Trek vanaf Kaleo tot by Morester, in die Koue Bokkeveld, deelgeneem.  Ons wens Jacobus alle sterkte toe vir die laaste voorbereiding vir die Cape Epic Bergfietsresies waaraan hy vanaf 15 – 22 Maart deelneem.

nissan_trail
imbuko_big
Ons krieketspan is weer volstoom aan die gang.  Dankie aan die spelers en die ondersteuners.

Alida Deysel (Rekenmeester) en Christiaan Adlem (Belastingadministrateur) het op 28 Februarie 2020 diens verlaat. Ons beste wense vergesel hulle. Intussen het Riekie Strydom en Reinhard Köstens as Rekenmeesters by ons kantoor aangesluit.

rekenmeesters

rekenmeesters2