Regulasies tot die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA) in Suid-Afrika, is gewysig met ingang van 17 April 2025. Die wysigings is daarop gemik om die regte van persone (oftewel ‘data-subjects’, wat individue en entiteite insluit) te versterk en strenger nakomingsverpligtinge op organisasies te plaas. Organisasies moet hul databeskermingsraamwerke en -prosedures hersien en opdateer soos nodig om te verseker dat dit in lyn is met die gewysigde Regulasies.
