TESTAMENT – VERSTAAN MY EKSEKUTEUR MY BEHOEFTES?

TESTAMENT – VERSTAAN MY EKSEKUTEUR MY BEHOEFTES?

Soos dit duidelik uit ons vorige artikel blyk, kan die belangrikheid van ‘n Testament nie genoeg beklemtoon word nie. Om ‘n Testament op te stel of te laat opstel is ‘n stap in die regte rigting, maar dit is net so belangrik dat u Testament uitvoerbaar is en dat die verdeling van u bates korrek aangespreek word en uiteindelik aan u behoeftes voldoen.

KAN U DIT BEKOSTIG OM TE STERF?

KAN U DIT BEKOSTIG OM TE STERF?

Twee dinge is seker, naamlik die dood en belasting. Mens kan dus daarvoor beplan, maar ongelukkig besef te min mense wat die kostes van ‘n boedel behels en word daar dus nie voldoende voorsiening daarvoor gemaak nie. Dit veroorsaak nie net finansiële probleme nie, maar dit belaai ook ‘n reeds emosioneel traumatiese tyd vir die familie.

KONTANTERFENIS EN RENTE

KONTANTERFENIS EN RENTE

Die bemaking van ‘n kontantbedrag of kontantlegaat kom redelik gereeld in Testamente voor. Ons ontvang dikwels navrae oor die rente wat op sodanige kontantbemakings verdien word gedurende die termyn wat die boedel onder administrasie was en die kontantbedrae dus nog nie aan die regmatige erfgename uitbetaal kon word nie.