Die doel van ʼn testament is om beheer van u boedel te verkry vir ‘n prakties uitvoerbare verdeling daarvan en om voorsiening vir die noodsaaklike versorging van diegene wie u agterlaat, te maak.


Die doel van ʼn testament is om beheer van u boedel te verkry vir ‘n prakties uitvoerbare verdeling daarvan en om voorsiening vir die noodsaaklike versorging van diegene wie u agterlaat, te maak.

Dit is belangrik om gedurende u leeftyd pro-aktief op te tree om boedelprobleme te verhoed en die geweldige administratiewe en finansiële pyn in die geval van afsterwe vir u familie en naasbestaandes makliker te maak.

Soos dit duidelik uit ons vorige artikel blyk, moet ’n Eksekuteur wys gekies word. Om ‘n Testament op te stel of te laat opstel is ‘n stap in die regte rigting. Dit is net so belangrik dat u Testament wetlik en prakties uitvoerbaar is, die verdeling van u bates korrek aangespreek word en u eksekuteur se interpretasie van u testament in lyn is met wat u bedoel het.

Voordat u 'n nabye familielid of vriend as u eksekuteur aanstel, oorweeg die implikasies deeglik.

Ons praat gereeld oor die belangrikheid van ’n korrekte, geldige en prakties uitvoerbare Testament wat nie uitgestel moet word nie. Dit is egter nie al wat by tye van u afsterwe beskikbaar moet wees om u naasbestaandes te help nie.

Ons beveel aan dat Testamente ten minste 2 jaarliks nagegaan word en vir hersiening oorweeg word, of indien u omstandighede verander, byvoorbeeld egskeiding, huwelik of die geboorte van ‘n kind.

Die aanwasbedeling kan problematies word. In hierdie artikel verduidelik ons die redes vir ons stelling.

Om kostes te spaar benoem baie kliënte ‘n familielid as eksekuteur, wat waarskynlik goeie finansiële kennis het en moontlik ook suksesvol sy eie besigheid en finansies kan bestuur.

By ‘n huwelik binne gemeenskap van goedere word die boedels (bates en laste) van beide gades saamgevoeg en dit vorm dus ’n gemeenskaplike boedel.

Soos per ons vorige artikel, die primêre doelwit van boedelbeplanning is om 'n koste-effektiewe plan te skep wat ooreenstem met wat 'n kliënt by sy afsterwe wil bereik.