3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
BUITELANDSE BATES EN U TESTAMENT

BUITELANDSE BATES EN U TESTAMENT

1April 6, 2020April 6, 2020
By Marius VorsterIn Estates and Trusts

fhbc_dec_mailer_01_03Al hoe meer Suid-Afrikaners diversifiseer hul batesamestelling om buitelandse bates in te sluit en word so ook blootgestel aan buitelandse boedelbeplanning en testamente.

Voorbeelde van buitelandse bates is:

  • Buitelandse bankrekeninge
  • Buitelandse effektetrustfondse en ander beleggings in die buiteland
  • Genoteerde aandele op aandeelbeurse in ander lande
  • Aandele in ongenoteerde buitelandse maatskappye
  • Vaste eiendom in ander lande
  • Lenings aan nie-inwoners

Alvorens u eksekuteur aandag kan gee aan u buitelandse bates, moet ‘n verseëlde afskrif van u plaaslike testament, eksekuteursbrief en sterftesertifikaat van die Meester van die Hooggeregshof aangevra word.  Hierdie proses kan tydrowend wees en intussen kan u eksekuteur nie met u buitelandse bates handel nie.

U testament moet voldoen aan die statutêre bepalings van die jurisdiksie waaronder u buitelandse bates val.  Elke land het sy eie wetgewing waaraan testamente moet voldoen wat tot gevolg kan hê dat u buitelandse bates nie volgens u plaaslike testament vererf kan word nie.

Dit kan ook wees dat plaaslike regsterme verskil of selfs onbekend is aan die buiteland en om dit deur ‘n buitelandse regskenner te laat vertolk, kan duur en tydrowend wees.  Indien u testament in een van ons plaaslike landstale opgestel is, soos bv Afrikaans, sal dit ook formeel vertaal moet word.

Daarom, indien buitelandse bates ter sprake is, is dit raadsaam om u plaaslike testament in Engels op te stel en nie te bepaal dat die testament slegs van toepassing is op u Suid-Afrikaanse bates nie.

‘n Professionele testament-opsteller binne die jurisdiksie van die land waarin die bates gehou word, kan die nodige advies met betrekking tot boedelbeplanning, belastingaanspreeklikheid en erfopvolging voorsien.  Alternatiewelik, kan u ook ‘n plaaslike regskenner van buitelandse fidusiêre- en belastingwetgewing nader om ‘n afsonderlike buitelandse testament op te stel.

‘n Afsonderlike buitelandse testament wat oor bates in ‘n spesifieke land beskik en voldoen aan die wetlike vereistes van daardie land, sal verseker dat u buitelandse boedel ook gelyktydig met die Suid-Afrikaanse boedel beredder kan word.  Sodoende word nie net tyd en geld bespaar nie, maar word u boedel ook in die beste belang van u erfgename beredder.

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za of Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za.

CIPC HAS ENHANCED THE COMPLIANCE CHECKLIST AND CIPC SERVICES DURING LOCK DOWNPERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (18)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (110)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (118)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (97)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services