PERSONEELNUUS

Anél Crous (Menslikehulpbronbestuurder) en haar man Jeshua se eersteling, Ané, is 7 Januarie 2020 gebore. Ons beste wense vergesel hulle vir die nuwe fase in hulle as gesin se lewens.

Op Vrydag 17 Januarie 2020 het ons ‘n Afskopfunksie gehad. Die nuwelinge was ingespan om die leiding vir die reëlings rondom die etes te neem. Die strategie vir die jaar was ook bespreek en almal kon vakansiestories met mekaar deel. Ons sien uit na die jaar wat voorlê.


afskopfunksie

Valentynsdag is Vrydag 14 Februarie en oudergewoonte sal ons kantore in rooi getooi word. Ons nuwe Sosiale komiteelede sal hiervoor verantwoordelikheid aanvaar.

Ons het twee spanne ingeskryf vir die Besigheidsliga Rolbal Toernooi. Hierdie toernooi is altyd ‘n groot lekkerte vir die besighede van ons dorp om mekaar te leer ken. Dankie aan die Rolbalklub vir hulle reëlings wat elke jaar puik is.

Ons wens Jacobus Maree (Direkteur) alle sterkte toe vir die laaste voorbereiding vir die Cape Epic bergfietsresies waaraan hy vanaf 15 – 22 Maart deelneem.