PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Die personeel was weereens baie aktief. Ons het die Bejaardes bewusmaking veldtog ondersteun, ‘n pienk lintjie ter ondersteuning van kankerbewusmaking gedra, ‘n stoomtrein op fiets en voet aangedurf, Basedag met ‘n bederf by Spice Route gevier, ‘n babaseuntjie verwelkom, die koms van nog ‘n babaseuntjie gevier, ons kantore bietjie opgeruim en ons sien uit na die Jaareindfunksie.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Met trots kondig ons aan dat twee van ons Rekenkundige Bestuurders tot Direkteure bevorder is. Die Loslitdag foto’s is reeds in ons vorige nuusbrief beloof, ons het ‘n Ooievaarstee gehou, die Sekretaresses is vir hulle harde werk bedank en daar was selfs nog tyd vir ‘n Damestee. Oktober is daar ook ‘n paar aktiwiteite wat wag.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Augustus was ‘n maand vol bedrywighede. Ons spog graag met vier kollegas se prestasies, wys ‘n paar foto’s van ons spanbou, verwelkom twee nuwe kollegas en vier diversiteit tydens Loslitdag.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Julie was omtrent bedrywig. Ons het jagstories gehoor en afskeid geneem. In Augustus sien ons uit na nog ‘n Spanbou en om ‘n nuwe kollega te verwelkom.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Die personeel is omtrent bedrywig. Verjaarsdae is gevier, afskeid is geneem (en nog ‘n afskeid lê voor), rugby is gespeel en ‘n jag word beplan. Madibadag bied weer geleentheid om nog ‘n bydrae tot die gemeenskap te maak.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Tydens Mei maand het ons ‘n intellektuele spanbou sessie bygewoon, aktief in die buitelug verkeer en ‘n kollega het ‘n kleinkind ryker geword. Ons spog ook met ‘n kollega se prestasie en bydrae tot ons kantoor. Gedurende Junie ondersteun ons die gemeenskap.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Tydens April was die personeel omtrent bedrywig en tussen die vakansiedae deur, kon ons darem nog ‘n krieketwedstryd speel, by die Two Oceans marathon ‘n draai maak en is ‘n nuwe kollega verwelkom. In Mei maand neem ons afskeid van ‘n kollega, hou ons ‘n spanbou en ondersteun ons Tekkie Tax.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Personeel was tydens die Gesondheidsweek bemoedig om deurlopend ‘n gesonde lewensstyl te handhaaf, die Sportdag was ‘n reuse sukses, ‘n nuwe werknemer is verwelkom, ‘n krieketwedstryd is om die draai en Paasfees lê voor.

NOODHULP EN VEILIGHEID

NOODHULP EN VEILIGHEID

‘n Noodgeval is ‘n onvoorsiene gebeurtenis en ons almal kan getuig dat ‘n ongeluk so maklik gebeur. Dit is dus sinvol om elke nou en dan ‘n paar gedagtes oor noodhulp en veiligheid na te gaan. Moontlik leer u iets en dra u by tot die red van ‘n lewe, of tot die voorkoming van verdere beserings, of tot die bevordering van spoedige herstel.