PERSONEELNUUS

Op Vrydag 6 September was dit “Time to Shine”. Die personeel het oudergewoonte weer voluit hierdie jaar se Loslitdag ondersteun! Veels geluk aan die Penthouse wat die spanprys gewen het! Die middag was die verjaarsdae van groep 3 gevier. Dankie vir die moeite met die reëlings vir ‘n gesellige samesyn.

loslit_07

Jacobus Maree, een van ons Direkteure, het die naweek van 28 en 29 September deelgeneem aan “The Rock Race”. Dit is ‘n MTB resies wat oor twee dae strek. Dag een 55 km en dag twee 45 km. Jacobus was algeheel sewende. Veels geluk Jacobus, ons is baie trots op jou.

Ons ondersteun die Bokke deur om op Vrydae ons groen en goud met trots te dra.

bokke_07

Oktober is kankerbewusmakingsmaand. Ons dra pienk strikkies om ons ondersteuning te wys. Op 17 Oktober is ons amptelike Gesondheidsdag.

Op 1 Oktober word Internasionale dag vir Bejaardes gevier. Ons stap op 4 Oktober saam met die inwoners van Silwerkruin deur die strate van Wellington om ons waardering en ondersteuning te wys!

silwerkruin_09

16 Oktober, op Basedag, betoon ons ons waardering aan ons Direkteure.

Op 25 Oktober speel ons rolbal teen Malberbe Rust Argitekte.