HOE DIE RESTANT VAN U BOEDEL BEPAAL WORD

HOE DIE RESTANT VAN U BOEDEL BEPAAL WORD

Die restant van ‘n boedel word eers bepaal nadat administrasiekoste, laste en eise, onderhoudseise van minderjariges en die nagelate gade, pre-legatarisse, legatarisse en restant erfgename vereffen is. Indien u dus wil verseker dat iemand ‘n spesifieke voordeel uit u boedel ontvang, sal dit raadsaam wees om die bedrag of bate by wyse van ‘n legaat aan ‘n pre-legataris of legataris te bemaak.

TESTAMENT – VERSTAAN MY EKSEKUTEUR MY BEHOEFTES?

TESTAMENT – VERSTAAN MY EKSEKUTEUR MY BEHOEFTES?

Soos dit duidelik uit ons vorige artikel blyk, kan die belangrikheid van ‘n Testament nie genoeg beklemtoon word nie. Om ‘n Testament op te stel of te laat opstel is ‘n stap in die regte rigting, maar dit is net so belangrik dat u Testament uitvoerbaar is en dat die verdeling van u bates korrek aangespreek word en uiteindelik aan u behoeftes voldoen.

KAN U DIT BEKOSTIG OM TE STERF?

KAN U DIT BEKOSTIG OM TE STERF?

Twee dinge is seker, naamlik die dood en belasting. Mens kan dus daarvoor beplan, maar ongelukkig besef te min mense wat die kostes van ‘n boedel behels en word daar dus nie voldoende voorsiening daarvoor gemaak nie. Dit veroorsaak nie net finansiële probleme nie, maar dit belaai ook ‘n reeds emosioneel traumatiese tyd vir die familie.