3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
DIE EFFEKTIEWE DATUM VIR DIE BEDANKING VAN ‘N TRUSTEE

DIE EFFEKTIEWE DATUM VIR DIE BEDANKING VAN ‘N TRUSTEE

0August 4, 2022August 4, 2022
By FHBCIn Estates and Trusts

Daar is in die praktyk redelik verwarring met betrekking tot die effektiewe datum van ‘n bedanking deur ‘n trustee.

Artikel 21 van die Wet op die Beheer oor Trustgoed 57 van 1988 bepaal dat, hetsy die trustakte voorsiening maak vir ‘n trustee se bedanking of nie, ‘n trustee kan bedank deur skriftelike kennisgewing aan die Meester van die Hooggeregshof en die vasgestelde begunstigdes wat regsbevoegdheid het, of aan die tutors of kurators van die begunstigdes van die trust onder tutorskap of kuratorskap.

Die regsbevoegdheid van die begunstigdes verwys gewoonlik na ‘n ouderdom van 18 jaar of ouer, vry van geestesongesteldheid.

Vasgestelde begunstigdes is bekend aan die Trustees en verkry ‘n gevestigde reg in ‘n bate en/of inkomste in ‘n trust, hetsy ingevolge die bepalings van die trustakte of deur die trustees wat hul diskresie uitoefen.

Dit is ook goeie praktyk om skriftelike kennis te gee aan die voogde van minderjarige begunstigdes.

In die hofsaak van Soekoe N.O en Ander v Le Roux (898/2007) was beslis dat ‘n trustee wetlik verantwoordbaar bly totdat die Meester van die Hooggeregshof hom of haar amptelik as trustee verwyder deur hom of haar met ‘n trustee by wyse van ‘n nuwe Magtigingsbrief te vervang.

Alhoewel die regter in die hofsaak Meijer N.O en Ander v Firstrand Bank Limited beslis het dat ‘n trustee se bedankingsbrief kragtens Artikel 21 van die Wet op die Beheer oor Trustgoed 57 van 1988 deur die Meester van die Hooggeregshof en vasgestelde begunstigdes van die trust ontvang moet word en ontvangs daarvan erken word deur die Meester van die Hooggeregshof, word die vraag egter geopper of die bedanking wel effektief word voordat die Meester ‘n nuwe trustee aangestel het en indien nie, of die statutêre proses bedoel was as ‘n reël vir alle bedankings.

‘n Trustee wat kragtens die statutêre vereistes bedank, maar as gevolg van die uitspraak in die Soekoe N.O. en Ander v Le Roux saak hierbo vermeld op risiko is totdat ‘n nuwe trustee aangestel word, kan die risiko aanspreek deurdat daar in die trustakte voorsiening gemaak word vir die effektiewe verwydering van ‘n trustee by sy/haar skriftelike bedanking en op ontvangs van ‘n ontvangserkenning daarvan deur die Meester van die Hooggeregshof.

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za of Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za.

NAMIBIA LATEST NEWS: MODIFIED ELECTRONIC FILING TAX RELIEF PROGRAMME AND LIFTING THE MORATORIUM ON THE PAYMENT OF TAX REFUNDS – PROVISIONAL TAXPAYERSPERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (18)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (110)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (118)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (97)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services