Al hoe meer Suid-Afrikaners diversifiseer hul batesamestelling om buitelandse bates in te sluit en word so ook blootgestel aan buitelandse boedelbeplanning en testamente.

Al hoe meer Suid-Afrikaners diversifiseer hul batesamestelling om buitelandse bates in te sluit en word so ook blootgestel aan buitelandse boedelbeplanning en testamente.
Soos dit duidelik uit ons vorige artikel blyk, kan die belangrikheid van ‘n Testament nie genoeg beklemtoon word nie. Om ‘n Testament op te stel of te laat opstel is ‘n stap in die regte rigting, maar dit is net so belangrik dat u Testament uitvoerbaar is en dat die verdeling van u bates korrek aangespreek word en uiteindelik aan u behoeftes voldoen.
Twee dinge is seker, naamlik die dood en belasting. Mens kan dus daarvoor beplan, maar ongelukkig besef te min mense wat die kostes van ‘n boedel behels en word daar dus nie voldoende voorsiening daarvoor gemaak nie. Dit veroorsaak nie net finansiële probleme nie, maar dit belaai ook ‘n reeds emosioneel traumatiese tyd vir die familie.
‘n Lewe is kosbaar, maar die lewe is ongelukkig ook onvoorspelbaar. Ons advies vir die nuwe jaar is om tyd te maak om seker te maak dat u Testamentsake in orde is en dat die verdeling van u boedelbates en versorging van u gesin behoorlik aangespreek is. Ons vra en beantwoord ‘n paar basiese vrae ten opsigte van die opstel van ‘n Testament.
Hierdie artikel lys sekere beslissings wat deur die Hoogste Hof van Appèl oor testamentvryheid en erflating gemaak is. Dit is egter belangrik om te let op sekere uitsonderings op die beginsel van vryheid van erflating. Lees meer.
Die bemaking van ‘n kontantbedrag of kontantlegaat kom redelik gereeld in Testamente voor. Ons ontvang dikwels navrae oor die rente wat op sodanige kontantbemakings verdien word gedurende die termyn wat die boedel onder administrasie was en die kontantbedrae dus nog nie aan die regmatige erfgename uitbetaal kon word nie.
Dit is belangrik om, voordat u trou, die wetlike implikasies van die huweliksgoedere-bedeling te verstaan ter wille van die opstel van u testament aangesien die bedeling wat ter sprake is, die eienaarskap en beheer van u bates sal beïnvloed.
Gades van beide geslagte kan ‘n slagoffer van manipulerende nuwe verhoudings word en die welvaart van die familie benadeel. Die gebruik van ‘n testamentêre trust kan hierdie situasie verhoed.
Die hedendaagse en minder tradisionele instelling is dat paartjies op ‘n meer informele basis ‘n lewe saam begin en ‘n toekoms saam beplan. Word partye in ‘n saamwoon verhouding as gades geag?
Boedels, Testamente en Trusts is ‘n gespesialiseerde vakgebied en ons kry dus deurlopend navrae oor verskeie temas. Ons het ‘n paar vrae wat ons in die verlede ontvang het met terugvoere gelys.