PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Tydens Maart het ons die Belastingjaar afgesluit en ons was saam met ons Direkteur opgewonde vir sy deelname aan die Cape Epic Bergfietsresies. Die krieketliga het eers tot ‘n einde gekom. Ons personeel is ingerig om tuis te werk.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Tydens Februarie het ons die liefde gevier, rolbal gespeel, baie bergfiets gery, krieket gespeel en ons het afskeid van ‘n kollega geneem. Ons ondersteun ons Direkteur wat die Cape Epic Bergfietsresies gaan aandurf.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Die jaar is nou al sommer goed aan die gang. Ons het al die personeel op dieselfde bladsy gekry by ons jaarlikse Afskopfunksie waartydens ons die strategie vir die jaar gedeel het. Gedurende Februarie vier ons die liefde op Valentynsdag en ons neem oudergewoonte deel aan Wellington se Besigheidsliga Rolbal Toernooi.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Januarie 2020! Voorspoed word elkeen toegewens. Mag die nuwe jaar weereens aan ons die geleentheid bied om tot baie besighede waarde toe te voeg. Vir oulaas loer ons terug na 2019 en ons sien uit na ons Afskopfunksie op Vrydag 17 Januarie 2020!

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

November het twee troues opgelewer. Ons het ook feesgevier saam met twee kollegas wat hulle eerstelinge verwag. Ons ondersteun oudergewoonte ons krieketspan. Ons Jaareindfunksie is verseker een vir die boeke. Ons laaste partytjie word op 13 Desember gehou.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Ons spog met twee kollegas se spesiale uitnodiging om ‘n Belastingsessie by te woon. Ons het Basedag gevier, Gesondheidsdag gehou, gedeel in die opgewondenheid van ‘n dame wat binnekort trou, bokse volgemaak om Boervroue te ondersteun, afskeid van ‘n kollega geneem. Vir November sien ons uit na die Jaareindfunksie.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Die foto’s is genoeg bewys dat ons personeel weereens Loslitdag ten volle ondersteun het. Dankie dat ons elke jaar kan staatmaak op soveel spangees. Die skaterlag-lekkertes vir elke afdeling se kreatiwiteit is jaarliks vir almal ‘n hoogtepunt. Ons ondersteun die Springbokke tydens die Wêreldbeker en die res van Oktober het ook ‘n vol program.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Die ietwat warmer weer inspireer die personeel om nog meer aktief te wees. Ons berig oor die deelname aan die Transbaviaans Bergfietsresies en die Nissan Trailseeker. Ons Vrouemaand se sessies het positiewe terugvoer opgelewer. Ons sien uit na Loslitdag en verjaarsdaggroep 3 se partytjie op 6 September.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Madibadag het ons net weer herinner om van behoeftes rondom ons bewus te raak en ‘n verskil te maak. Hierdie jaar het viervoetige vriende by ons welwillendheid gebaat. Ons het ook die verjaarsdae van sekere kollegas gevier. Ons is trots op twee Direkteure se uithouvermoë tydens ‘n bergfietsresies, en ons is baie opgewonde oor ons Vrouedagbyeenkoms.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Tydens Junie het ons ‘n “Night of mystery” spanbou beleef, nuwelinge verwelkom terwyl ons ook afskeid moes neem. Ons sien uit na Madibadag en die vieringe van groep 2 se verjaarsdae.