PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Ons nuwelinge is al goed op dreef. Gewoonlik braai ons die eerste Vrydag nadat almal weer op kantoor is, maar hierdie jaar moet ons maar bietjie kreatief word om steeds die personeel met ietsie lekkers te kan bederf. Februarie is die maand van die liefde. Ons hou getrou die Covid regulasies dop om seker te maak dat ons binne wetgewing optree, vandaar word ons oggendopeninge in die parkeerarea gehou.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Ons kon 2020 by ons Jaareindfunksie op ‘n hoë noot afsluit deurdat ons met dankbaarheid kon vier dat ons maatskappy reeds twintig jaar vir kliënte diens lewer. Ons het ook kollegas wat reeds vyf, tien en selfs twintig jaar diens het vereer. Ons verwelkom tien nuwelinge vir 2021 en ons sien uit daarna om die jaar aan te durf.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Gedurende November het ons twee kollegas gegroet. Een van ons Direkteure het as deel van ‘n span aan ‘n padfietsresies deelgeneem. Die wenner van “Biggest Loser” was aangekondig. Ons kon by die Jaareindfunksie ‘n heerlike samesyn geniet. Vanjaar is Loslitdag in Desember. Ons neem afskeid van nog ‘n kollega en vier die laaste verjaarsdae by die Kersfeespartytjie.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Ons het ‘n Spanbou geniet en ons Direkteure is op Basedag bederf. Ongelukkig is kollegas gegroet. Die klere het gekrimp en vandaar neem ons deel aan “The Biggest Loser”. Ons sien uit na die Jaareindfunksie wat om die draai is.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Tydens September het ons saam met drie vroulike kollegas feesgevier en ons het ‘n nuwe kollega verwelkom. Die Sekretaresses is vir hulle harde werk bedank. Tydens Oktober sê ons dankie aan ons Base.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Ons is nou by vlak 2 van die inperking. Steeds word die reëls aangaande COVID in ons kantoor streng nagevolg. Ons kon egter ‘n sopdag saam geniet! Ons verwelkom ook ‘n nuweling. Alhoewel Loslitdag hierdie jaar nie in September gebeur nie, vier ons egter steeds die Lente!

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Steeds mag al die werknemers nie voltyds by die kantoor werksaam wees nie. Ons Covid komitee sorg deurentyd dat ons aan die sosiale afstand kriteria voldoen en dat ons binne wetgewing met mekaar interaksie het. Ons het twee kollegas gegroet, ons het aan Tekkie Tax deelgeneem, en so terwyl ons uit en tuis is, het ons ‘n paar sopresepte met mekaar gedeel.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Tans is ons in “advanced level 3 lockdown” en ons leer daagliks om aan te pas met die veranderde wêreld van werk en interaksie. Een kollega het aan die aanlyn Comrades deelgeneem, ons het ‘n kollega gegroet, en ons werk voort deur van aanlynplatforms gebruik te maak.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

COVID-19 forseer ons om nuut te dink, die lewe in oënskou te neem, en die eersdaagse omhelsing van ‘n vriend of vriendin as kosbaar te beskou. Ons personeel het kantore tuis ingerig en woon, werk en oefen nou tuis. Twee kollegas het hulle stories oor hulle tuiskantoor en COVID ervaring met ons gedeel.