Twee van ons Direkteure het aan die Karoo to Coast bergfietsresies deelgeneem. Op 30 September het ons saam met die inwoners van Silwerkruin deur die strate gestap, ter ondersteuning van die Week vir Bejaardes. Ons nuwe kantore te Somerset-Wes is ingewy. Ons het ‘n nuwe spanlid welkom geheet en ons gaan een spanlid groet. Oktober is borskankerbewusmakingsmaand. Die nuwe ouers is met ‘n geskenkie bederf.









