Personeel

Personeel

Die personeel was met ietsie kleins bederf. Ons het die koms van ‘n babatjie gevier. Een van ons kollegas het getrou. Ons Jaareindfunksie was ‘n vreugdevolle samesyn. Die jaar was met ‘n Kerspartytjie afgesluit.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Twee van ons Direkteure het aan die Karoo to Coast bergfietsresies deelgeneem. Op 30 September het ons saam met die inwoners van Silwerkruin deur die strate gestap, ter ondersteuning van die Week vir Bejaardes. Ons nuwe kantore te Somerset-Wes is ingewy. Ons het ‘n nuwe spanlid welkom geheet en ons gaan een spanlid groet. Oktober is borskankerbewusmakingsmaand. Die nuwe ouers is met ‘n geskenkie bederf.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Twee van ons Direkteure was die sprekers by ‘n SAICA Discussion Group. FHBC is deur SAIT geakkrediteer om Tax Technicians op te lei. Een van ons Direkteure is as Tentmaker Diensleraar bevestig. Ons het vier nuwelinge welkom geheet, ons het die koms van die lente gevier, aan Loslitdag deelgeneem, en die Sekretaresses bederf. Verder het die Fidusiêre span, as deel van Testamenteweek, aan ons personeel die geleentheid gebied om hul testamente gratis op te stel. ‘n Ander Direkteur het aan die Cape Pioneer Trek mountain bike race deelgeneem. Gedurende die laaste week in September neem ons deel aan die Week vir Bejaardes.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Ons Madibadag projek kon vir ‘n paar gesinne verligting teen die koue bring. Ons spanbou het vereis dat kollegas uit verskillende afdelings in spanverband saamwerk om ‘n kreatiewe skepping te maak. Twee dogtertjies en een seuntjie is in ons FHBC familie welkom geheet. Een kollega het tydens Augustus by ons aangesluit terwyl ons ook kollegas gaan groet.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Op 17 Junie was ons kantore vir ‘n langnaweek gesluit. Ons deel ‘n paar foto’s van wat die personeel met die afdag gedoen het. Ons het twee bevorderings. Ons gaan gedurende Julie ‘n spanlid by FHBC MAS (Pty) Ltd welkom heet. Op 18 Julie is ons spanbou waartydens ons ook iets gaan maak wat ons aan ‘n instansie gaan skenk.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Ons het ‘n nuwe kollega by FHBC Legal Consulting welkom geheet en een kollega by FHBC (Wellington) verwelkom. ‘n HintHunt spanbou was aangedurf. Die personeel het Tekkie Tax ondersteun. ‘n Kollega het getrou. Daar was twee babatees en een babatjie is gebore. 17 Junie was ons kantore gesluit.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Jacobus Maree (Direkteur) het die ABSA Cape Epic Fietsresies suksesvol voltooi en hy en sy spanmaat het 11de uit die gemengde spanne geëindig. Ons het ‘n kollega gegroet en ook ‘n kollega verwelkom. Een van ons Direkteure is gelegitimeer.