PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Op 15 Mei was ons potjiekos spanbou. Die potjies het heerlik geproe en die personeel was uiters kreatief. Die beoordelaars het ‘n moeilike taak gehad, want die kompetisie was straf. Een kollega het die huwelik betree, ‘n ander kollega is verloof en twee kollegas word gegroet. Ons sien uit na ‘n heerlike langnaweek in die middel van Junie.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Die span van FHBC Payroll Services het die rolbal gewen. Personeel was tydens Valentynsdag bederf. Ons het ‘n nuwe spanlid welkom geheet. Almal is die begrotingsrede te wagte. Ons eerste verjaarsdagpartytjie gebeur binnekort. Een van ons Direkteure neem aan die ABSA Cape Epic MTB deel.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Vrydag 17 Januarie het ons ‘n “Cowboy”-tema afskopbraai gehad. Kollegas neem tans deel aan die krieketbesigheidsliga, asook aan die Rolbalbesigheidsliga. Ons het nuwe kollegas welkom geheet. ‘n Paar kollegas ondergaan tans opleiding. Ons eerste bestuursvergadering was gehou. Verder wink Valentynsdag vir ons.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Ons Jaareindfunksie was ‘n groot lekkerte. Dinners to Die for se Murder Mystery events sal verseker deur ons personeel aanbeveel word. Ons het ‘n paar kollegas tydens Desember gegroet, asook ‘n paar kollegas gedurende Januarie verwelkom. Vrydag 17 Januarie geniet ons die samesyn by ons afskopbraai.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Gedurende November het ons die Springbokke ondersteun, asook Huis Andrew Murray se Santa School Box projek. Verder was Internasionale Rekenmeestersdag gevier en verjaarsdaggroep 4 het partytjie gehou. Ons het ‘n nuwe spanlid welkom geheet. Ons Jaareindfunksie was ‘n groot lekkerte.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Ons Oktober Gesondheidsmaand het baie goed verloop. Ons deel graag ‘n paar foto’s van die gebeure. Een van ons kollegas was met ‘n kombuistee verras. Ons Direkteure is tydens Basedag bederf. Gedurende November is twee nuwelinge welkom geheet. Ons sien uit daarna om die Springbokke te ondersteun en om by ‘n skoenboksprojek betrokke te raak. Verder gaan Internasionele Rekenmeestersdag gevier word.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Ons het ‘n fokus op gemeenskapsbetrokkenheid. Nasionale Menslikehulpbrondag was gevier. Gedurende Oktober vier ons die Somerset-Wes kantoor se 2de bestaansjaar. Basedag is 16 Oktober. Oktober is ook ons Gesondheidsmaand. Ons het elke week ‘n aktiwiteit of bederfie.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

September is ‘n maand gevul met feesvieringe! Ons is baie trots op ons personeel wat in hulle klerkskap, asook akademies vorder. Ons het twee nuwelinge verwelkom. Sekretaressedag was gevier. ‘n Xero bekendstellingsessie en Xero Opleidingsessie was gehou. Loslitdag was behoorlik gevier en die tema van “I see you” was baie kreatief uitgebeeld. Ons het ook verjaarsdaggroep 3 se verjaarsdae gevier. Maandag 23 September is ons kantore vir ‘n spesiale verlofdag gesluit.