Direkteur, Jacobus Maree, en sy spanmaat het die ABSA Cape Epic MTB fietsresies vanaf 15 tot 22 Maart 2026 suksesvol voltooi. Veels geluk Jacobus.

Ons kantore in Windhoek, Namibië, is oorgedoen. Ons deel graag ‘n paar foto’s:

Op 31 Maart het ons van Christelle Hugo (Junior Boekhouer) afskeid geneem. Aan die einde van April groet ons vir Michau Olivier (Rekeningkundige klerk). Ons beste wense vergesel vir beide Christelle en Michau. Ons het op 1 April vir Annika Smith as Junior Belastingadministrateur by ons welkom geheet.
Op 2 April was die kollegas met ‘n Paasfeesboodskap en verversing bederf.

Op 14 April het ‘n paar kollegas die Xero Roashow by die CTICC in Kaapstad bygewoon.

Ons vertrou dat almal die langnaweek met Vryheidsdag as vakansiedag op Maandag 27 April baie sal geniet.
