Vanaf 6 tot 17 Julie het ons agt vakansiewerkers in die rekeningkundige spanne geakkommodeer, asook een in die maatskappysekretriële afdeling. Met elkeen se toestemming deel ons ‘n paar foto’s van hulle betrokkenheid by ons. Ons beplan om dv weer gedurende 2027 die meer gestruktureerde vakansieprogram beskikbaar te stel.
Annemarie Edwards (Rekeningkundige bestuurder en kollega vanaf 2008) het op 30 Julie diens verlaat. Ons beste wense vergesel vir Annemarie en ons is opgewonde saam met haar vir haar loopbaan in Nieu-Seeland.
Een van ons spanlede, Nathania Theron, wat tot einde Julie voltyds by FHBC MAS (Pty) Ltd betrokke was, is vanaf 3 Augustus as Bemarkingskoördineerder by FHBC (Wellington) (Pty) Ltd betrokke terwyl sy nog deeltyds ‘n paar laaste projekte saam met FHBC MAS (Pty) Ltd afhandel. Gillian Kline se SAIPA klerkskap is suksesvol voltooi en vanaf 3 Augustus is sy as Rekenmeester aangestel.
Gedurende Augustus is baie van ons kollegas besig met voorlopige belasting. Op 5 Augustus word die personeel gemotiveer met ‘n klein “hou moed bederfie”. Vrouedag is op Sondag 9 Augustus en ons vertrou dat elkeen die langnaweek, wat Maandag 10 Augustus insluit, sal geniet.









