Ons nuwelinge wat in 2025 Matriek geskryf het, het ‘n bederfpakkie ontvang.

Al ons nuwelinge was by die reëlings vir die Afskopbraai op Vrydag 16 Januarie betrokke. Dankie vir die moeite, die personeel het dit baie geniet.


Einde Januarie het ons vir Rynard Viljoen (SDF / B-BBEE Koördineerder) gegroet. Ons beste wense vergesel vir Rynard met sy nuwe geleentheid.
Ons sien uit na Valentynsdag wat op 13 Februarie gevier sal word. Die personeel sal gedurende Februarie die sosiale kalender vir die jaar ontvang.
