‘n Lewe is kosbaar, maar die lewe is ongelukkig ook onvoorspelbaar. Ons advies vir die nuwe jaar is om tyd te maak om seker te maak dat u Testamentsake in orde is en dat die verdeling van u boedelbates en versorging van u gesin behoorlik aangespreek is. Ons vra en beantwoord ‘n paar basiese vrae ten opsigte van die opstel van ‘n Testament.









