3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
HOE DIE RESTANT VAN U BOEDEL BEPAAL WORD

HOE DIE RESTANT VAN U BOEDEL BEPAAL WORD

6June 8, 2020June 9, 2020
By FHBCIn Estates and Trusts

fhbc_dec_mailer_01_03Dit is belangrik om eerstens die verskil tussen ‘n legataris en erfgenaam te verstaan.

‘n Legataris ontvang ‘n spesifieke bemaking van ‘n spesifieke bate of som geld.  Die erfgenaam van ‘n boedel erf slegs na alle administrasiekoste, laste, eise en legatarisse betaal is.  ‘n Nalatenskap word dus aan ‘n legataris betaal voordat ‘n erfgenaam die restant kan vererf.  Indien al die bates van ‘n boedel aan legatarisse bemaak word, sal daar geen restant wees vir vererwing aan erfgename nie.

Hierdie onderskeid tussen legatarisse en erfgename is net van toepassing op testamentêre bemakings aangesien almal wat erf in terme van die Wet op Intestate Erfopvolging van 1987, erfgename is.

Die bewoording van ‘n testamentêre bemaking sal bepaal of sekere legatarisse voor ander betaal moet word en hierdie legatarisse word pre-legatarisse genoem.  Bewoording soos ondere andere “voordat enige iemand in terme van my testament betaal word, moet R10,000.00 aan X betaal word” of “as ‘n pre-legataris bemaak ek R10,000.00 aan X” identifiseer pre-legatarisse.

‘n Pre-legataris ontvang dus voorkeur bo ‘n legataris en ‘n legataris ontvang voorkeur bo die vererwing van die restant van die boedel deur ‘n erfgenaam.

Die eksekuteur van ‘n boedel is normaalweg verplig om betalings uit ‘n boedel in die volgende volgorde te hanteer:

    1. Administrasiekoste
    2. Laste en eise (insluitend belastings)
    3. Onderhoudseise van minderjariges en die nagelate gade
    4. Pre-legatarisse
    5. Legatarisse
    6. Restant erfgename

Die restant van ‘n boedel word dus eers bepaal nadat punte 1. tot 5. hierbo vereffen is.

Indien die testateur ‘n voorwaarde aan ‘n legataris stel, soos om bv. ‘n bemaaksom aan die boedel te betaal ten einde ‘n verband ten opsigte van die vaste eiendom wat bemaak word te delg, sal die legataris ‘n keuse hê om die bemaking te aanvaar of daarvan afstand te doen.

Indien daar onvoldoende bates is om die administrasiekoste, laste, eise, pre-legate en legate te vereffen, sal daar geen restant wees nie.  In hierdie geval sal die legate proporsioneel verminder word.  Indien daar geen bates is om die legate te betaal nie, sal die pre-legate proporsioneel verminder word.

Dit is belangrik om tydens u boedelbeplanning in gedagte te hou dat, alhoewel daar ten tye van die opstel van die testament voldoende bates mag wees om aan die restant erfgename na te laat, die restant ten tye van afsterwe minder of selfs meer kan wees as wat aanvanklik verwag is.

Indien u dus wil verseker dat iemand spesifiek sy/haar voordeel uit u boedel ontvang, sal dit die veiligste wees om die bedrag of bate by wyse van ‘n legaat aan ‘n pre-legataris of legataris te bemaak.

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za of vir Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za

TAX UPDATE: FILING SEASON POSTPONED AND OTHER TAX MATTERSPERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (18)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (110)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (118)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (97)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services