Die foto’s is genoeg bewys dat ons personeel weereens Loslitdag ten volle ondersteun het. Dankie dat ons elke jaar kan staatmaak op soveel spangees. Die skaterlag-lekkertes vir elke afdeling se kreatiwiteit is jaarliks vir almal ‘n hoogtepunt. Ons ondersteun die Springbokke tydens die Wêreldbeker en die res van Oktober het ook ‘n vol program.









