POPIA – SPERTYD VIR VOLDOENING AL NADER

POPIA – SPERTYD VIR VOLDOENING AL NADER

Die spertyd vir voldoening aan POPI Wetgewing is 30 Junie 2021. Indien u nog nie aandag gegee het aan die ontwikkeling van ‘n voldoeningsraamwerk en implementeringsplan ten einde te verseker dat u besigheid tydig voldoen aan die POPI Wet nie, is dit nou die tyd om op te tree. FHBC kan help.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Ons kon 2020 by ons Jaareindfunksie op ‘n hoë noot afsluit deurdat ons met dankbaarheid kon vier dat ons maatskappy reeds twintig jaar vir kliënte diens lewer. Ons het ook kollegas wat reeds vyf, tien en selfs twintig jaar diens het vereer. Ons verwelkom tien nuwelinge vir 2021 en ons sien uit daarna om die jaar aan te durf.