Ons dink dalk nie genoeg aan wat alles in orde en bymekaar moet wees by ons afsterwe nie. Boonop het ons naasbestaandes selde insae in ons persoonlike dokumente en maak hulle staat op die toeganklikheid en beskikbaarheid daarvan wanneer ons nie meer self daar is om dit uit te wys of vir onsself te praat nie.
