Hierdie artikel is ‘n opvolgartikel van ons Maart 2019 uitgawe. Wonder u moontlik oor die kostes verbonde aan finansiële emigrasie en watter inligting u aan die owerhede moet verskaf? FHBC is opgewonde om aan te kondig dat ons u van hulp kan wees met die opweeg van belange, die insameling van die nodige dokumentasie/bewysmateriaal, die berekening van die belasting en ander kostes verbonde aan die proses asook die voltooiing van die aansoek om finansieel te emigreer.
