PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Ons het aan “Wees die lig Wellington” deelgeneem. Pantoffeldag was ondersteun. Twee kollegas het getrou. Ons verwelkom ‘n nuwe maatskappy as deel van ons groep. Ons Fidusiêre maatskappye het na ander kantore geskuif.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Drie van ons klerke het hulle grade verwerf. Jacobus Maree het weer tyd op die fiets spandeer. Somerset-Wes se wind was op die gholfbaan aangedurf. FHBC MAS (Pty) Ltd brei uit deurdat ons nog ‘n kollega aangestel het. Ons wys die kollegas agter die skerms van ons POPIA opleidingsvideo. Ons kantoor neem deel aan “Wees die Lig Wellington” projek. Die personeel het Pantoffeldag ondersteun en ons wens twee kollegas voorspoed toe vir elkeen se troudag!

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Ons kon saam met die matrikulante wat vanaf 2021 aangestel is fees vier oor hulle uitslae. Ons het die nuwe belastingjaar afgeskop met ‘n burgerbraai wat deur die nuwelinge gereël was. Albei babatjies het hulle verskyning gemaak. Ons personeel kon ‘n paar skenkings aan Huis Andrew Murray Kinder- en Jeugsorgsentrum maak. In April verwelkom ons nuwelinge wat by ons span gaan aansluit. Ons personeel is op 1 April met ‘n Paasfeesboodskap en ‘n eetietsie bederf.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Ons personeel was met die klanke en lekkernye van ‘n roomystrokkie bederf. Vir Valentynsdag was ons in rooi getooi. Twee babatjies se koms was gevier in die oopte. Ons moes ongelukkig een kollega vaarwel toewuif. Lees meer.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Ons nuwelinge is al goed op dreef. Gewoonlik braai ons die eerste Vrydag nadat almal weer op kantoor is, maar hierdie jaar moet ons maar bietjie kreatief word om steeds die personeel met ietsie lekkers te kan bederf. Februarie is die maand van die liefde. Ons hou getrou die Covid regulasies dop om seker te maak dat ons binne wetgewing optree, vandaar word ons oggendopeninge in die parkeerarea gehou.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Ons kon 2020 by ons Jaareindfunksie op ‘n hoë noot afsluit deurdat ons met dankbaarheid kon vier dat ons maatskappy reeds twintig jaar vir kliënte diens lewer. Ons het ook kollegas wat reeds vyf, tien en selfs twintig jaar diens het vereer. Ons verwelkom tien nuwelinge vir 2021 en ons sien uit daarna om die jaar aan te durf.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Gedurende November het ons twee kollegas gegroet. Een van ons Direkteure het as deel van ‘n span aan ‘n padfietsresies deelgeneem. Die wenner van “Biggest Loser” was aangekondig. Ons kon by die Jaareindfunksie ‘n heerlike samesyn geniet. Vanjaar is Loslitdag in Desember. Ons neem afskeid van nog ‘n kollega en vier die laaste verjaarsdae by die Kersfeespartytjie.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Ons het ‘n Spanbou geniet en ons Direkteure is op Basedag bederf. Ongelukkig is kollegas gegroet. Die klere het gekrimp en vandaar neem ons deel aan “The Biggest Loser”. Ons sien uit na die Jaareindfunksie wat om die draai is.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Tydens September het ons saam met drie vroulike kollegas feesgevier en ons het ‘n nuwe kollega verwelkom. Die Sekretaresses is vir hulle harde werk bedank. Tydens Oktober sê ons dankie aan ons Base.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Ons is nou by vlak 2 van die inperking. Steeds word die reëls aangaande COVID in ons kantoor streng nagevolg. Ons kon egter ‘n sopdag saam geniet! Ons verwelkom ook ‘n nuweling. Alhoewel Loslitdag hierdie jaar nie in September gebeur nie, vier ons egter steeds die Lente!