Daar is 'n bekende praktyk onder boedelbeplanners waarvolgens die testateur aangeraai word om sekere bates aan 'n erfgenaam, gewoonlik die langslewende gade, te bemaak, onderhewig aan een of meer opeenvolgende vruggebruike.

Daar is 'n bekende praktyk onder boedelbeplanners waarvolgens die testateur aangeraai word om sekere bates aan 'n erfgenaam, gewoonlik die langslewende gade, te bemaak, onderhewig aan een of meer opeenvolgende vruggebruike.
Met die opstel van ’n testament word daar soms te veel fokus geplaas op hoe u bates moet vererf en oorskadu dit ’n baie belangrike komponent van boedelbeplanning: Hoe die skuld in u boedel hanteer moet word indien u te sterwe sou kom.
Na ons mening behoort daar reeds gedurende u leeftyd ‘n besluit geneem te word oor wie of watter firma die administrasie van u boedel sal behartig en dat die eksekuteursvergoeding met die betrokke persoon of instansie onderhandel word.
‘n Herverdelingsbevel kan nou moontlik deur die hof toegestaan word selfs al is/was u buite gemeenskap van goedere sonder die aanwas getroud.
Boedelbelasting is belasting wat betaalbaar is op die oordrag van welvaart vanaf 'n bestorwe boedel na die begunstigdes en word gehef in terme van die bepalings van die Boedelbelastingwet van 1955.
Die volgende is tipiese probleme wat in die beredderingsproses kan voorkom en dit is dus belangrik om gereeld u Testament te hersien en kundige advies in te win.
’n Huwelik binne gemeenskap van goedere en besigheidseienaarskap behoort eksklusief tot mekaar te staan. ‘n Huwelik binne gemeenskap van goedere het risiko’s daaraan verbonde.
Moenie dat die dood of onbevoegheid u onkant betrap nie.
Alhoewel daar geen voorskrif is wat bepaal dat u testament deur ‘n professionele persoon opgestel moet word nie, wil ons tog aanbeveel dat u ons artikel lees alvorens u besluit om dit self te doen of ‘n konsep-testament by ‘n skryfbehoeftewinkel te koop.
Ons ontvang soms versoeke van kliënte wat wil afstand doen van ‘n erfenis wat hy/sy kragtens ‘n Testament ontvang, om die effek te hê dat ‘n ander erfgenaam of die oorblywende erfgename dan geregtig raak om die voordele/erfenis te ontvang.