3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
TROUMAAT OF VENNOOT?

TROUMAAT OF VENNOOT?

1March 4, 2024March 4, 2024
By FHBCIn Estates and Trusts

’n Huwelik binne gemeenskap van goedere en besigheidseienaarskap behoort eksklusief tot mekaar te staan.

Indien ’n paartjie nie voor hulle huweliksdatum ’n huweliksvoorwaardekontrak onderteken het nie, trou hulle by verstek binne gemeenskap van goedere met mekaar en deel hulle in gelyke dele in die bates en laste van hulle gemeenskaplike boedel.  Dit beteken dat ’n gade slegs sy/haar netto helfte van die gemeenskaplike boedel by wyse van ’n testament kan bemaak.

Die klem word nou egter op die woord “netto” geplaas, want beide gades word afsonderlik en gesamentlik blootgestel aan die goeie en slegte dinge wat hulle afsonderlik kan tref.  Dit beїnvloed gevolglik die solvensie en likiditeit van hul gemeenskaplike boedel.  Indien enige van die gades ’n dokument onderteken, het beide van hulle dit by implikasie onderteken.

“Binne gemeenskap van goed” beteken dat alles wat elke party voor die huwelik gehad het, bates sowel as laste, saamgevoeg word in een enkele boedel in gesamentlike besit sodra die partye trou.  Hierna sal alles wat hulle verdien of koop ook deel vorm van hierdie gemeenskaplike boedel.  Dit het ook betrekking op enige skuld of verpligtinge wat een van hulle tydens die huwelik aangaan.  Sou een gade roekeloos wees met sy of haar geldsake, sal dit die ander gade nadelig raak, aangesien hulle albei aanspreeklik is vir die skulde van hul boedel in gesamentlike besit.

Daar sal verskeie transaksies wees wat die toestemming van beide partye vereis.  Die mees benadeelde gevolg van ’n huwelik binne gemeenskap van goedere, is dat bates in die gemeenskaplike boedel altyd kwesbaar sal wees vir die eise van skuldeisers van beide gades.

Indien ’n huweliksvoorwaardekontrak nie voor die huwelik aangegaan was nie, kan ‘n diskresionêre lewende trust moontlik opgerig word om ’n veilige toevlug buite die gemeenskaplike boedel te skep en sodoende beide partye teen finansiële teenspoed beskerm.

Ons word vertel dat omtrent helfte van alle huwelike eindig met ’n egskeiding en meeste nuwe sakeondernemings misluk.  Die gemiddelde paartjie wat hieraan blootgestel word sal dus waarskynlik nie ’n finansieël winsgewende gemeenskaplike boedel geniet nie en daarom word ’n huwelik binne gemeenskap van goedere nie aanbeveel nie.

Wat ’n egskeiding betref, vergeet mens maklik in die nasleep daarvan om ‘n testament te wysig.  Die Wet op Testamente bepaal dat indien ’n mens binne drie maande van ’n egskeiding te sterwe kom, ’n bemaking aan sy/haar geskeide gade nietig geag sal word (behalwe indien dit andersins uitdruklik bepaal word).  Hierdie voorsiening gun ’n geskeide persoon ’n periode van drie maande om sy/haar testament te wysig.  Indien daar nagelaat word om die testament te wysig, sal die geskeide gade wel soos deur die betrokke testament bepaal, sy/haar erflating ontvang.

Kontak gerus vir Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za of Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za met enige navrae of vir hulp.

STAY COMPLIANT: UNDERSTANDING NAMIBIAN BENEFICIAL OWNERSHIP REPORTING OBLIGATIONS TO BIPAPERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (18)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (110)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (118)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (97)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services