3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
KAPITAALWINSBELASTING EN DIE OORROL-BEGINSEL

KAPITAALWINSBELASTING EN DIE OORROL-BEGINSEL

1October 3, 2024October 4, 2024
By FHBCIn Estates and Trusts

Kapitaalwinsbelasting (KWB) geld reeds vanaf 1 Oktober 2001 en is slegs van toepassing op wins wat ná hierdie datum gemaak is.

Dit blyk egter dat daar ten opsigte van boedels steeds baie wanopvattings is rondom die aanspreeklikheid vir KWB by afsterwe.

Die waarde van enige bates op 1 Oktober 2001 word beskou as die basiskoste vir KWB.  In die geval van ‘n primêre eiendom, is die eerste R2 miljoen van die wins vrygestel van KWB.  Die insluitingskoers wat toegepas word op die wins bokant hierdie drempel is 40%.  Met ander woorde, 40% van die belasbare wins sal teen die belastingbetaler se belastingkoers belas word.

Sterfte word ook gesien as ’n vervreemding van bates en daarom moet kapitaalwinsbelasting-beginsels in ag geneem word by die ontleding van boedels.

Bates wat aan langslewende gades bemaak word, is egter vrygestel van KWB aangesien ’n “oorrol” plaasvind.

Daar ontstaan egter baie verwarring oor presies hoe hierdie oorrol-beginsel toegepas word.  Dit is die basiskoste, m.a.w die waarde waarteen die eiendom aanvanklik verkry of aangekoop was, wat oorrol na die langslewende en NIE die waarde waarteen hy of sy die eiendom uit die boedel van die eerssterwende erf nie.

Voorbeeld:
Mnr en Mev Rijk, koop op 1 November 2015 ‘n onroerende eiendom wat hulle as primêre eiendom bewoon vir die bedrag van R1 500 000-00 (Een Miljoen Vyfhonderd Duisend Rand). 
Mnr Rijk sterf op 2 November 2022 en die eiendom met ‘n markwaarde van R4 Miljoen (Vier Miljoen Rand) vererf aan Mev Rijk. 
Die oorrol-beginsel geld en vestig die basiskoste van R1 500 000-00 in Mev Rijk se naam.  By Mev Rijk as langslewende se afsterwe sal die basiskoste vir KWB dus die aanvanklike aankoopprys van R1 500 000-00 (Een Miljoen Vyfhonderd Duisend Rand) wees. 
As sy by haar afsterwe steeds die eiendom as primêre eiendom bewoon sal die R2 Miljoen Korting t.o.v. primêre eiendomme steeds geld en sal sy ook enige verbeteringskostes teen die huidige markwaarde kan verhaal.

Dit is dus ook raadsaam om deeglik rekord te hou van alle verbeterings tot onroerende eiendom, insluitende argiteksfooie, oordrag- en boukoste, asook ander verbeteringskostes.

Kontak gerus vir Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za, Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za of Elaine Breet by elaine@fhbc.co.za met enige navrae of vir hulp.

TRUST FILING SEASON AND COMPANY TAX RETURNSPERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (18)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (110)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (118)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (97)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services