Voorlopige belasting is agter die rug. Gedurende Augustus het die personeel elkeen ’n “hou moed bederfie” geniet. Gedurende Augustus het ons van twee kollegas afskeid geneem terwyl ons een kollega verwelkom het. Gedurende September word nog twee kollegas verwelkom. Die Lente is in sig, ons vier “Administrative Professionals’ Day” en Erfenisdag lê ook voor. Die personeel sien uit na vanjaar se Loslitdag met die tema van “Beat as One – Rhythm Matters”.









