Huiswerkers is nou geregtig om by die Vergoedingskommissaris (WCA) te eis in geval van ‘n besering, siekte of afsterwe aan diens. Werkgewers van huiswerkers is verplig om hulself en hul huiswerkers by WCA te registreer en jaarliks die assesseringsopgawes in te dien – selfs al is u huiswerker net tydelik in u diens.









