3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
OORDRAAGBARE BOEDELBELASTINGKORTING TUSSEN GADES

OORDRAAGBARE BOEDELBELASTINGKORTING TUSSEN GADES

1May 11, 2021May 11, 2021
By FHBCIn Estates and Trusts

Artikel 4A van die Boedelbelastingwet bepaal dat die belasbare bedrag van die boedel van ‘n persoon bereken word deur die bedrag van R3,5 miljoen van die netto waarde van die boedel af te trek.

Sedert 1 Januarie 2010 word in Artikel 4A(2) bepaal dat, indien ‘n oorledene ‘n vooroorlede gade gehad het, sy/haar boedel geregtig is op ‘n korting van R3,5 miljoen plus die R3,5 miljoen uit die boedel van die vooroorlede gade, minus die netto waarde van die boedel van die vooroorlede gade wat afgetrek is van die Artikel 4A korting.

Hier volg kortliks twee voorbeelde ter illustrasie hiervan:

  1. A sterf op 1 Julie 2012.  Sy vrou is vooroorlede gedurende 2002.  Sy het haar hele boedel aan hom bemaak.  A se boedel is geregtig op ‘n korting van R3,5 miljoen + R3,5 miljoen – R0 = R7 miljoen.
  2. B sterf op 1 Julie 2012.  Haar man is vooroorlede gedurende 2002.  Hy het kontantlegate ter waarde van R1 miljoen aan instansies bemaak en die restant aan B.  B se boedel is dus geregtig op ‘n korting van R3,5 miljoen + R3,5 miljoen – R1 miljoen = R6 miljoen.

In gevalle waar daar meer as een vooroorlede gade is, het die Eksekuteur die keuse om die netto waarde van enige van die vooroorlede gades se boedel wat afgetrek is teen die Artikel 4A korting, te gebruik.

Hier volg kortliks ‘n voorbeeld hiervan:

C is oorlede op 10 Januarie 2010.

C was getroud met D wat op 31 Augustus 2005 oorlede is.  Die netto waarde van D se boedel was R750 000.  Om die belasbare bedrag van haar boedel tot nul te verminder, was R750 000 van die Artikel 4A korting (op daardie stadium R1,5 miljoen) benut.

C is op 31 Oktober 2007 getroud met E wat op 15 Desember 2008 oorlede is.  Die netto waarde van E se boedel was R2,5 miljoen.  Om die belasbare bedrag van haar boedel tot nul te verminder, was R2.5 miljoen van die Artikel 4A korting (op daardie stadium R3.5 miljoen) benut.

The Eksekuteur van C se boedel het die keuse om die R7 miljoen korting in terme van Artikel 4A(2) te verminder met die R750 000 korting wat in D se boedel benut was of die R2,5 miljoen korting wat in E se boedel benut was.

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za of Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za.

THE 2021 EMPLOYER ANNUAL RECONCILIATION (EMP501): WHAT YOU MUST KNOWPERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (18)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (110)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (118)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (97)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services