Veels geluk aan die span van FHBC Payroll Services wat 12 Februarie 2025 as algehele wenners by die Rolbalbesigheidsliga geeïndig het. Weereens dankie aan die rolbalklub van Wellington vir die puik reëlings en vreugdevolle samesyn.

Vrydag 14 Februarie was Valentynsdag. Die personeel was oudergewoonte in rooi, pienk en wit geklee en met ietsie bederf. Ons het ook ‘n kompetisie gehad om te raai hoeveel kurkproppe in ‘n draadkan was sodat ons fondse kon insamel vir ons Verjaarsdagversieringsboks. Veels geluk aan Yolandé Maree wat net drie proppe kort van die totaal van 179 proppe was.


Maandag 3 Maart het Keanu Botes (Rekeningkundige klerk) as spanlid by ons aangesluit.
Die begrotingsrede wat aanvanklik 19 Februarie sou plaasvind is tot Woensdag 12 Maart uitgestel. Ons sal die verkorte opsomming per mailer deel sodra die begrotingsrede plaasgevind het en ons nuwe 2025-2026 belastinggids sal ook so gou moontlik daarna per roterende banner afgelaai en gestoor kan word.
Woensdag 12 Maart is ons eerste verjaarsdagfeesviering vir die jaar. Die persone wat Januarie tot Maart verjaar is verantwoordelik vir die reëlings. In ons volgende nuusbrief sal ons foto’s van die samesyn insluit.
Direkteur, Jacobus Maree, neem weer deel aan die ABSA Cape Epic MTB fietsresies wat 16 tot 23 Maart 2025 plaasvind. As deel van hulle voorbereiding het hulle o.a. reeds die MTB resiese van Attakwas, Tankwa Trek en Imbuko Big 5 suksesvol voltooi. Alle voorspoed word Jacobus en sy spanmaat toegewens.
