Ons is trots op Monique Smit (Regs- en Administratiewe beampte) wat baie goeie punte by haar mid-jaar eksamen behaal het in die Paralegal Praktyk Nasionale Sertifikaat Kursus waarvoor sy tans ingeskryf is.
Ritka Kotzé het haar SAIPA klerkskap suksesvol voltooi. Sy is voortaan as Rekenmeester by ons werksaam. Veels geluk aan Marilyn Fredericks (Rekenmeester) met die slaag van die Professionele Eksamen van SAIPA.
Maandag 2 September het Rynard Viljoen as Spesialis SDF by ons span van FHBC MAS (Pty) Ltd aangesluit.
Woensdag 4 September was Sekretaressedag / Administrative Professionals’ Day! Ons is dankbaar vir elke persoon wat agter die skerms take verrig sodat die res van die span daarby kan baatvind.
Weens die vakansiedag op Dinsdag 24 September, het die Direkteure besluit om die personeel op Maandag 23 September as spesiale verlofdag af te gee. Ons vertrou dat almal die ruskans goed sal benut.