Ons personeel is weer aktief en spog met deelname op verskeie sportgebiede. Ons het gewonder of ons kollegas darem ook kan kos maak en nie net oefen nie. Vandaar het ons ‘n Masterchef spanbou georganiseer. Ons personeel het nie teleurgestel nie en daar is bewys dat ons wel ‘n goeie balans in die lewe handhaaf.
