Ons nuwelinge wat in 2025 Matriek geskryf het, het ‘n bederfpakkie ontvang. Vrydag 16 Januarie was ons afskopbraai wat deur die nuwelinge gereël was. Ons het ‘n kollega gegroet. Valentynsdag is om die draai.


Ons nuwelinge wat in 2025 Matriek geskryf het, het ‘n bederfpakkie ontvang. Vrydag 16 Januarie was ons afskopbraai wat deur die nuwelinge gereël was. Ons het ‘n kollega gegroet. Valentynsdag is om die draai.

Ons Jaareindfunksie was ‘n Skitter en Glansgeleentheid, ons het ‘n kollega gegroet, ons het nog ‘n opwindende aankondiging gemaak en verder het ons die nuwelinge verwelkom. Ons sien uit na die afskopbraai komende Vrydag.

Gedurende November het ons die laaste groep se verjaarsdae gevier, asook Huis Andrew Murray se Santa Shoe Box projek ondersteun. Ons het ‘n babatee gehou en ‘n Xero geleentheid aangebied. Ons Jaareindfunksie was ‘n Skitter en Glansgeleentheid met opwindende aankondiginge.

Oktober was gevul met verskillende aktiwiteite en bederfies om gesondheid aan te moedig. Ons kon ons direkteure op Basedag bederf. Ons het ‘n kollega met ‘n kombuistee verras. Verder gaan ons vroeg in November weer verjaarsdae vier.

Tydens September het ons kollegas in sekere poste gevier, ons het die Resultate deur Mense kursus afgesluit, Loslitdag ondersteun, verjaarsdae van groep 3 gevier, ‘n kollega gegroet en ons verwelkom nog kollegas. Gedurende Oktober sien ons uit na Gesondheidsmaand.

Ons het die koms van ‘n kollega se babatjie gevier en een kollega verwelkom. Verder het al die personeel ‘n “hou moed bederfie” ontvang, ons het Vrouemaand gevier en ons het ‘n finalis by die Xero Event in Johannesburg gehad. In September het ons baie sosiale geleenthede om na uit te sien.

Sommige personeellede se verjaarsdae was gevier. Twee kollegas se swangerskappe is gevier. Verder is ons baie trots op ons kollega wie as finalis vir die Xero Rising Star kategorie aangewys is. Kollegas was gegroet, asook verwelkom. Ons het op Mandeladag ‘n bydrae in die gemeenskap gemaak.

Een van ons afdelings is heeltemal oorgedoen. Ons sien uit na verjaarsdaggroep 2 se feesviering, asook na ‘n Madibadag gemeenskapsprojek.

Op 15 Mei was ons potjiekos spanbou. Die potjies het heerlik geproe en die personeel was uiters kreatief. Die beoordelaars het ‘n moeilike taak gehad, want die kompetisie was straf. Een kollega het die huwelik betree, ‘n ander kollega is verloof en twee kollegas word gegroet. Ons sien uit na ‘n heerlike langnaweek in die middel van Junie.

Gedurende April het die personeel ‘n Paasfeesbederfie ontvang. Willem Kotzé (Rekenmeester) was op 25 April gegroet. Ons beste wense vergesel...