Ons het nuwe spanlede welkom geheet, asook Valentynsdag gevier. Verder speel ons krieket, neem ons deel aan die Rolbalbesigheidsliga en ondersteun ons Direkteur wat binnekort die ABSA Cape Epic fietsresies aandurf. Ons groet ongelukkig ook kollegas.

Die Minister van Arbeid, Thulas Nxesi, het die nuwe minimum loon aangekondig. Die verhoging is van krag vanaf 1 Maart 2022.
Die spertyd vir die verpligte verkryging van Energie Prestasie Sertifikate (ook Energie Sertifikate en / of “Energy Performance Certificates”) deur die eienaars van sekere geboue in Suid-Afrika, verstryk op 8 Desember 2022. Nie-voldoening aan die Regulasies sal strafbaar wees.
Trusts hou verskeie voordele, maar ongelukkig ook nadele in. Alhoewel ons artikel waarskynlik nie ‘n volledige samevatting van alle voordele en nadele lys nie, deel ons graag ons ondervinding van die vernaamste voor- en nadele by die oorweging van ‘n Trust met u.