3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
DIE BELANGRIKHEID VAN U TESTAMENT

DIE BELANGRIKHEID VAN U TESTAMENT

1August 2, 2020August 3, 2020
By FHBCIn Estates and Trusts

fhbc_dec_mailer_01_03‘n Testament is nodig om effektiewe opvolging te verseker, maar dit is net so belangrik dat u testament geldig, korrek en op datum moet wees.

Indien u testament nie voldoen aan die al vereistes van die Wet op Testamente 7 van 1953 nie, word dit ongeldig geag en die gevolg daarvan sal wees dat u boedel in terme van die Wet op Intestate Erfopvolging 81 van 1987 beredder word wat natuurlik ernstige gevolge kan inhou.

‘n Korrekte en opgedateerde testament sal verseker dat waninterpretasie, tekortkomings en probleme met die administrasie van u boedel beperk word.

Vervolgens spreek ons net ‘n paar algemene voorbeelde hiervan aan:

Dit is moontlik dat kinders en veral toekomstige kinders uitgesluit kan word indien kinders by name in die testament benoem word.  Dit is dus om hierdie rede raadsaam dat u na “kinders” verwys in welke geval ‘n Beëdigde Verklaring van Naasbestaandes by u afsterwe voltooi sal word wat al u kinders se name sal insluit.

Indien ‘n erfgenaam wat u in u testament benoem te sterwe kom voordat u u testament opdateer, kan daardie bate(s) moontlik teenstrydig met u wense vererf word.  Daarom is dit nodig dat u opvolgende erfgename benoem of bepaal hoe daar met die bate(s) gehandel moet word in die geval van vooroorlede erfgename.

Dit is belangrik dat u ‘n bate wat bemaak word behoorlik beskryf sodat daar geen twyfel daaroor ontstaan nie.  Indien u byvoorbeeld na “my voertuig” in u testament verwys, kan u erfgenaam en die eksekuteur moontlik ‘n ander voertuig as die een wat u bedoel het by die definiese insluit indien u meer as een voertuig gereeld bestuur het.

Voorsiening moet ook gemaak word vir minderjariges en persone wat verstandelik, fisies of regsonbevoeg is of in die toekoms as gevolg van onvoorsiene gebeure kan word.  Dit kan ook wees dat ‘n erfgenaam in die toekoms op risiko is vir insolvensie en die opsie wil uitoefen om sy/haar erfenis in trust te laat hou om dit sodoende teen sy/haar krediteure te beskerm.  U kan dit aanspreek deur die voorwaardes vir ‘n testamentêre trust in u testament.

Dit is dus raadsaam dat u kundige advies verkry en die nodige boedelbeplanning gedoen word sodat u testament nie net geldig, korrek en op datum is nie, maar ook prakties uitvoerbaar is met die administrasie van u boedel.

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za of Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za.

PERSONE WAT ’N INKOMSTEBELASTINGOPGAWE MOET INDIEN VIR DIE 2020 JAAR VAN AANSLAG EN PERSONE WAT DAARVAN VRYGESTEL ISPERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (18)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (5)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (109)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (117)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (96)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services