3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
WATTER WERKGEWERS MOET AAN DIE BESTAANDE DIENSBILLIKHEIDSWETGEWING VOLDOEN?

WATTER WERKGEWERS MOET AAN DIE BESTAANDE DIENSBILLIKHEIDSWETGEWING VOLDOEN?

1August 3, 2026August 4, 2026
By FHBCIn Commencement and Structuring of Businesses

Inleiding

Met ingang 01 Januarie 2025 het die bestaande Diensbillikheidswet (Employment Equity Amendment Act) in werking getree. Die finale sektorale teikens en regulasies is op 15 April 2025 in die Staatskoerant gepubliseer deur die Minister van Indiensneming en Arbeid.

Wie moet aan die wetgewing voldoen?

Die belangrikste verandering waaraan voldoen moet word, is dat ‘n werkgewer nou in die algemeen as ‘n aangewese werkgewer (Designated Employer) geklassifiseer word wanneer daar 50 of meer as 50 werknemers is. Voorheen was gebruik gemaak van die hoeveelheid werknemers en omset-gebaseerde drempels. Die omset-gebaseerde drempels is verwyder. Volgens die wet se Hoofstuk III is werkgewers met minder as 50 werknemers uitgesluit van die regstellende aksie verpligtinge.

Wat is die veranderde praktiese implikasies vir aangewese werkgewers (Designated Employers)?

Daar is drie (3) definitiewe punte van praktiese implikasies, nl. Sektorale numeriese teikens, nuwe diensbillikeidsplanne en ‘n sertifikaat van nakoming.

  1. Sektorale numeriese teikens:

    Dit is deur die Minister van Indiensneming en Arbeid ingestel met bindende 5-jaar transformasie teikens vir nagenoeg 18 ekonomiese sektore. Die teikens is ten opsigte van –

    • Topbestuur
    • Senior bestuur
    • Middelbestuur / Professioneel gekwalifiseerde persone
    • Tegnies geskoolde vlakke
    • Persone met gestremdhede (3% teiken)
  2. Nuwe Diensbillikheidsplanne:

    Nuwe 5-jaar Diensbillikheidsplanne moet deur aangewese werkgewers (designated employers) opgestel word vir die spesifieke tydperk van 01 September 2025 tot 31 Augustus 2030.

    Die volgende moet asseblief in berekening gehou word tydens die opstel van die plan deur die werkgewer:

    • Die huidige arbeidsprofiel;
    • Die sektorale teikens;
    • Die Ekonomies Aktiewe Bevolking (EAP).
  1. Sertifikaat van nakoming:

    Wanneer werkgewers met die staat sake wil doen via tenders, kontrakte, ens. moet ‘n Employment Equity Compliance Certificate bekom word vir diensverskaffing. Staatskontrakte sonder hierdie sertifikaat mag problematies wees.

    Verdermeer beklemtoon die Departement dat hierdie teikens nie rigiede kwotas is nie. Werknemers mag nie afgedank of afgelê word deur werkgewers om die verlangde teikens te bereik nie. Indien daar redelike gronde bestaan vir ‘n werkgewer om nie die teiken te haal nie, maar nogsteeds voldoen, sal werkgewers steeds ‘n Sertifikaat van nakoming ontvang. Voorbeelde hiervan is bewyse van:

    • Gebrek aan geskikte kandidate;
    • Ekonomiese of operasionele omstandighede;
    • Beperkte bevorderingsgeleenthede.

Hier volg ‘n baie vereenvoudigde voorbeeld van hoe ‘n Diensbillikheidsplan kan lyk vir ‘n fiktiewe Wes-Kaapse kommersiële plaas met 85 werknemers.

Kommersiële vrugte- of wynplaas met 85 werknemers as volg saamgestel:

BEROEPSVLAK AANTAL
Topbestuur (eienaar/plaasbestuurder) 1
Middelbestuur / toesighouers 4
Administrawie personeel 5
Geskoolde tegniese personeel 5
Algemene plaaswerkers 70
Totaal 85

Hipotetiese huidige profiel:

KATEGORIE AANTAL
Swart 20
Kleurling 55
Indiër 0
Blank 10
Totaal 85

Die Departement gaan tipies as volg hierna kyk –

Die hooffokus is nie net op die totale arbeidsmag nie, maar klem val veral op:

  • Topbestuur
  • Senior- en middelbestuur
  • Professionele en geskoolde poste

Byvoorbeeld:

BESTUURSVLAK HUIDIGE SAMESTELLING
Plaasbestuurder (1) 1 Blanke man
Toesighouers (4) 3 Kleurling, 1 Blank
Administrasie (5) 4 Kleurling, 1 Blank

In die bogenoemde voorbeeld kan die onderneming identifiseer dat daar toekomstige vakatures gaan ontstaan op die bestuurs- of administratiewe vlakke wat verteenwoordiging van aangewese groepe verbeter.

Die voorbeeld vir ‘n 5-jaar teiken –

Veronderstel oor 5 jaar ontstaan daar:

  • 1 vakature vir ‘n toesighouer;
  • 1 vakature in administrasie;
  • 1 vakature vir ‘n tegniese pos.

Die plan kan dan bepaal dat die onderneming:

  • Eerstens uit interne personeel persone ontwikkel en bevorder waar moontlik;
  • Opleiding verskaf aan potensiële kandidate uit onderverteenwoordigde groepe;
  • Rekord hou van werwingspogings indien geskikte kandidate nie beskikbaar is nie.

Waarvoor en wat wil inspekteurs gewoonlik sien:

  1. Formele Diensbillikheidsplan
  2. Werknemerskonsultasie (komitee of forum)
  3. Arbeidsmagontleding
  4. Jaarlikse vorderingsverslae
  5. Bewyse van opleiding en ontwikkeling
  6. Rekords van aanstellings en bevorderings

Wat is baie belangrik by die bogenoemde plaas voorbeeld?

Veral as die 85 werknemers hoofsaaklik bestaan uit:

  • Permanente plaaswerkers;
  • Seisoenale werkers; en
  • ‘n Klein bestuurskern;

sal die Department normaalweg meer aandag gee aan die paar bestuurs- en geskoolde poste as aan die groot groep algemene werknemers. Opvolgbeplanning, opleiding en interne bevordering is daarom dikwels van die belangrikste instrumente vir nakoming.

Dit sal derhalwe vir u raadsaam wees om gebruik te maak van die uitnodigings wat die Departement uitstuur rakende konsultasiesessies oor die numeriese teikens en spesifieke industrieë/sektore.

Kontak gerus vir Anél Crous met enige navrae of vir bystand in hierdie verband: anelv@fhbc.co.za

 

Source:

    1. https://cms.law/en/zaf/news-information/the-employment-equity-amendment-act
    2. https://www.cliffedekkerhofmeyr.com/news/publications/2025/Practice/Employment-Law/employment-law-alert-15-april-Publication-of-the-2025-Employment-Equity-Regulations-and-Sectoral-Numerical-Targets
    3. Gazette No. 52514 3 Employment Equity Act 1998 (Act 55 of 1998 as amended) 15 April 2025

 

PERSONEELNUUSPROVISIONAL TAX AT A GLANCE

Share this post?

Facebook Twitter Pinterest

Categories:

  • Accounting Services
    (19)
  • Administration and Secretarial Services
    (21)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (9)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (9)
  • Estates and Trusts
    (124)
  • Human Resource Management
    (32)
  • Legal
    (35)
  • Office and Personnel
    (133)
  • Payroll Processing and Administration
    (8)
  • Tax Compliance and Administration
    (110)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET WEST

  • Olive Grove Industrial Estate, Grove Business Park, Block H, Ground floor, Unit 2, Off Ou Paardevlei Road, The Interchange, 7310
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services