3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
TESTAMENTÊRE TRUSTS EN U ERFGENAME

TESTAMENTÊRE TRUSTS EN U ERFGENAME

1September 7, 2023September 7, 2023
By FHBCIn Estates and Trusts

n Testamentêre trust, anders as ’n inter vivos trust, word ingevolge ‘n testament opgerig en word eers geaktiveer wanneer die testateur/testatrise te sterwe kom.

Die hoofdoel van ’n testamentêre trust is om die erfenis aan bv. minderjarige erfgename, geestesgestremdes en dwelm- of alkoholverslaafdes, of ter wille van boedelbeplanning aan familie/afstammelinge, te beskerm.

Die trustees van die testamentêre trust verkry beheer oor die bates, waarna hulle dit moet bestuur en administreer in terme van die bepalings van die testamentêre trust in die beste belang en tot voordeel van die begunstigdes.

Aangesien die oprigter(s) van die trust oorlede is, sal hulle oor die algemeen geen invloed hê op die uitoefening van die diskresie van die trustee(s) nie, maar hulle kan wel ‘n brief van wense aan die trustee(s) doen wat as riglyn kan dien.  Die trustee(s) kan egter slegs handel ten opsigte van die oprigter(s) se wense soos uiteengesit in die testament wat ook as die trustakte dien.

Die trustees het normaalweg ‘n baie wye diskressie van hoe die trustfondse aangewend word en dit is daarom raadsaam om ‘n trust te skep waar die trustees die fondse verantwoordelik aanwend.  Die trust se fondse kan bv. aangewend word vir die onderhoud, opvoeding en opleiding van begunstigdes totdat hulle oud genoeg is om dit self te bestuur.

In die geval van minderjariges word dit aanbeveel dat die persoon(e) wat as voog(de) van die minderjarige kinders in die testament benoem word, of ‘n persoon naby aan die kinders wat vertroud is met hulle behoeftes, ten minste een van die trustees van die testamentêre trust behoort te wees.  Dit is raadsaam en word deur die Meesterskantore versoek, dat een van die trustees ‘n onafhanklike en professionele persoon moet wees wat nie emosioneel betrokke is nie en vertroud is met trusts.

Oor die algemeen voel meeste mense dat ‘n persoon van 18 jaar nog nie verantwoordelik genoeg is om bates uit ‘n trust self te bestuur nie en beskou die meeste testamentêre trusts 25 jaar as ‘n gepaste ouderdom, maar die ouderom verskil van testament tot testament.

Kontak gerus vir Morné van Niekerk by morne@fhbc.co.za of Marius Vorster by mvorster@fhbc.co.za met enige navrae of vir hulp.

THE COMPENSATION FUND AND DOMESTIC EMPLOYERSPERSONEELNUUS

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (18)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (110)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (118)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (97)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services