PERSONEELNUUS

Op 10 Mei het ons pantoffeldag ten bate van Reach for a Dream inisiatief ondersteun.  Hulle samel fondse in vir kinders met lewensbedreigende siektes.

pantoffeldag_06
Vanaf 23 tot 26 Mei 2019 was ons deel van die Rough a Tough Rally van Namibië.  Die doel van die Rally was ‘n bewusmaking- en fondsinsamelingsgeleentheid vir die Kankerassosiasie van Namibië.  Ons plakkers was op die voordeur aangebring.

rally_03
Op 31 Mei het ons Tekkie Tax ten bate van welsynsorganisasies in ons land ondersteun.

Op 31 Mei het ons van Elné van Niekerk (Junior Rekenmeester) afskeid geneem.  Ons beste wense vergesel haar vir haar loopbaan vorentoe.

elne_06
Op 7 Junie hou ons spanbou.  Ons kantoor is ook daardie dag gesluit.  Die sosiale komitee is besig met die reëlings en hulle is baie geheimsinnig oor wat ons alles gaan doen.  Ons glo egter dat dit groot pret sal wees.