PERSONEELNUUS

Op Vrydag 26 April het ons van Morell Links (Junior Rekenmeester) afskeid geneem.  Morell gaan voortaan in die privaatsektor werksaam wees.  Ons beste wense vergesel haar vir die pad vorentoe.

morell_06

Veels geluk aan Jacobus Maree (Direkteur) wat Saterdag 27 April 2019 aan die Swartberg Grand Fondo bergfietsresies deelgeneem het.  Van ons kliënte het ook deelgeneem.  171km met ‘n klim van 2.783m het hy in 7h47min voltooi.  Veels geluk Jacobus.  Jou toewyding is ‘n inspirasie vir ons personeel.

Woensdag 1 Mei 2019 was die jaarlikse Safari Maraton in ons tuisdorp, Wellington.  ‘n Paar kollegas het deelgeneem aan die 21.1km, die 10km en die 5km.

safari_03

Op 10 Mei ondersteun ons pantoffeldag ten bate van Reach for a Dream inisiatief wat befondsing insamel vir kinders met lewensbedreigende siektes.  Op 12 Mei bedank en vier ons die Moeders in ons lewens.  Op 31 Mei ondersteun ons Tekkie Tax ten bate van welsynsorganisasies in ons land.