PERSONEELNUUS EN ONS NUWE KANTOOR

Op 1 Maart het ons die koms van Carmen Samuels (Rekeningkundige klerk) en haar man se eersteling gevier.  Dillon is op 18 Maart gebore.  Joanine Steyn (Salarisse en Lone Administrateur) se tweede seuntjie, Matthew, is op 29 Maart gebore.  Ons beste wense vergesel albei ouerpare.

carmen_06

Verjaarsdaggroep 1 se feesviering was op Vrydag 5 April 2019 gehou.  Die Tema was Western en ons het heerlike burgers met skyfies geniet.  Dankie vir die moeite om so ‘n feestelike samesyn te reël.

verjaarsdaggroep_06

Jacobus Maree en Hendrik Rabie (Direkteure) het die naweek van 6 en 7 April 2019 aan die Cederberg 100 miler MTB by Clanwilliam deelgeneem. Die bergfietsresies het oor twee dae gestrek en hulle moes 80 kilometer per dag aflê.  Amanda Swarts (Belastingbeampe) was een van die vrywilligers wat as beampte opgetree het.

cederberg_06

Lizé Burger was op 9 April goed geflous deurdat sy onverwags met ‘n kombuistee verras was.  Lizé het Saterdag 13 April getrou en ons beste wense vergesel meneer en mevrou Marais.

kombuistee_09

Ons is opgewonde daaroor om te deel dat ons ‘n KANTOOR IN DIE PAARL OOPGEMAAK het.  Die kantore het ‘n nuwe, moderne voorkoms, wat ons ingesteldheid ondersteun om vernuwend te dink.  Ons kleurskema bevat doelbewus baie groen om groei en ontwikkeling te simboliseer.  Die ligging maak ons nog meer toeganklik vir ons breë kliëntebasis.  Besoek ons gerus by Hoofstraat 42a, Di Rialto Kantoorkompleks, minder as vyf minute vanaf die N1 se afdraai.  Ons kontaknommer is steeds 021 864 5180, kies net opsie 2.

paarl_06

Veels geluk aan Joanne Els (Salarisse en Lone Administrateur) wat aan haar 10de Two Oceans Ultra marathon deelgeneem het!