3 Rose Street, Wellington, 7646
+27 (0)21 864 5180
admin@fhbc.co.za
Visit FHBC in Namibia
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

0September 7, 2017September 7, 2017
By FHBCIn Office and Personnel

In sy vrye tyd geniet Jacobus Maree, een van ons Direkteure, dit om fiets te ry.  Op 19 Augustus vanjaar het hy sy uithouvermoë en vaardighede gaan uittoets deur om die Trans Baviaans bergfiets marathon van 230 kilometer aan te durf en dit selfs met ‘n glimlag te voltooi.  Die marathon strek vanaf Willowmore in die Oos-Kaap deur die Baviaanskloof en eindig in Jeffreysbaai.  Veels geluk Jacobus.

fiets

Marius Kotzé, een van ons ander Direkteure, fokus weer sy aandag op sy skietvernuf.  Soveel so dat Marius vir die tweede opeenvolgende jaar die span van die Westelike Provinsie se Jaggeweerskietvereniging gehaal het.  Sy seun, Louis, volg in sy pa se voetspore en Louis verteenwoordig die Junior WP span.  Hulle volgende kompetisie is 30 Septemer 2017.  Ons beste wenste vergesel hulle.

wpkleure

Op 18 Augustus het ons ‘n spanbou gehad.  “Minute to Win it” was gespeel en die personeel het met vele konsentrasie en entoesiasme aan die speletjies, wat uit huishoudelike items saamgestel is, deelgeneem.  Morell Links, Anél Rabie en Chantelle Minnaar was die span wat die dag met die louere weggestap het.  Amanda Swarts het wel die individuele koekie kompetisie gewen.  Dankie aan die sosiale komitee vir die reëlings en vir elke kollega wat kom saam speel het.

minutetowinit
Op 18 Augustus het Krishka Faber die goeie nuus met ons gedeel dat sy haar Raad 1 Eksamen geslaag het.  Ons is so dankbaar en opgewonde saam met haar oor die groot mylpaal wat sy bereik het en ons vertrou dat die Raad 2 Eksamen in November ook ‘n positiewe uitslag sal oplewer.

krishka
Op 22 Augustus het ons nog spognuus oor ‘n personeellid ontvang en dit is dat ons kantoor nou amptelik ‘n Meester Belasting Praktisyn – MTP(SA) in ons midde het.  Veels geluk Petri Westraadt.  Ons is saam met hom dankbaar dat al die harde werk nou ‘n positiewe uitkoms opgelewer het.

Op 28 Augustus het Carike Hanekom as Menslikehulpbronadministrateur die HR afdeling kom aanvul.  Ons is vol vertroue dat die Afdeling van krag tot krag sal gaan deurdat ons ‘n groter verskeidenheid van HR dienste aan ons kliënte sal kan bied.

Die dames van ons Salarisse en Lone Afdeling het as deel van Vrouemaand ook die verjaarsdag van Louise-Anne gevier en ‘n tydjie afgestaan om ‘n paar prettige foto’s te neem.

salarisse
Na afloop van die “revamp” by ons kantoor, het ons nog ‘n klein Raadsaal beskikbaar gestel.  Ons het dus ‘n kompetisie geloots waar die personeel name kon voorstel en dan kon ons stem.  Die personeel van die ouditafdeling en Riaan Broodryk het beide “Debiet” en “Krediet” voorgestel en daardie name het die meeste stemme verwerf!  Die ouditspan en Riaan was dus Maandag 28 Augustus met heerlike “lemon meringue” as wenprys bederf!

Vrydag, 1 September, was Loslitdag!  Die Tema was Diversiteit en in ons volgende nuusbrief sal ons die foto’s as bewys lewer dat ons kantoor se personeel se diversiteit vele sports en kreatiwiteit tot gevolg gehad het.

Op 6 September vier ons Sekretaressedag… die dames wat seker maak dat die rolspelers in die voorste linies met al die nodige toegerus is.

WAARDASIE VAN BOEDELBATESEMPLOYMENT EQUITY – WE CAN HELP YOU TO ADHERE

Categories:

  • Accounting Services
    (16)
  • Administration and Secretarial Services
    (19)
  • All Categories
    (62)
  • Associate Services
    (6)
  • Commencement and Structuring of Businesses
    (8)
  • Estates and Trusts
    (111)
  • Human Resource Management
    (28)
  • Legal
    (32)
  • Office and Personnel
    (119)
  • Payroll Processing and Administration
    (6)
  • Tax Compliance and Administration
    (98)

FHBC Wellington

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC SOMERSET-WEST

  • Unit 101 Crossfire Place, 15 Gardner Williams Avenue, Paardevlei
  • Somerset West
  • View Map >>

FHBC Payroll Services

  • 21 Jan van Riebeeck Street
  • Wellington
  • View Map >>

FHBC TRUST ADMIN SERVICES (PTY) LTD

  • 3 Rose Street
  • Wellington
  • View Map >>

Connect with us

  • + 27 (0)21 864 5180
  • admin@fhbc.co.za
  • Newsletter Subscription

Office Hours

  • Monday - Thursday: 08:00 - 16:45
  • Fridays: 08:00 - 15:30
  • Saturday - Sunday: Closed
FHBC FHBC
  • Home
  • About us
    • MISSION AND CORE VALUES
    • BACKGROUND
    • COMMUNITY
  • Meet the team
    • Directors
    • Management
    • Personnel
  • Services
    • Accounting
    • ADMINISTRATION AND SECRETARIAL SERVICES
    • CORPORATE STRUCTURES AND STRATEGY
    • ESTATES AND TRUSTS
    • HUMAN RESOURCE MANAGEMENT
    • PAYROLL PROCESSING AND ADMINISTRATION
    • TAX COMPLIANCE AND ADMINISTRATION
    • LEGAL SERVICES
  • Careers
    • Current Vacancies
    • Submit Application
  • News
    • Latest News
    • Important Dates
    • NEWSLETTER SUBSCRIPTION
  • Contact us
FHBC © 2016 | All Rights Reserved | Legal Notices | T&C of Services