PERSONEELNUUS

Lizé Fouché het Woensdag 14 September as Ontvangsdame by ons aangesluit.

Anél van Deventer (HR Bestuurder) is Donderdag 15 September met ‘n kombuistee by die kantoor verras. Anél en Jeshua Crous is Saterdag 24 September getroud.

anel

troue

Vrydag 16 September het Jerieska Fransman (Administratiewe en Debiteure Assistent) en Angus Bailey verloof geraak.

30 September het ons ongelukkig van Rozanne Pieterse (Rekenmeester) afskeid geneem. Ons beste wense vergesel haar verder op haar lewenspad.

rozanne

Loopbaangeleenthede:

Ons het geleentheid vir ‘n Boekhouer, asook vir ‘n Debiteure en Administratiewe Beampte om by ons span aan te sluit.
Studente of Matrikulante wat vanaf 2017 SAIPA klerkskappe wil doen, kan gerus ‘n CV met ‘n akademiese rekord stuur.
BGR Assosiasie het ‘n geleentheid vir ‘n Bemarking- en Skakelbeampte.

Rig enige navrae ten opsigte van die poste aan venessa@fhbc.co.za