PERSONEELNUUS

Tydens Augustus het die personeel ‘n spanbou oor Emosionele Intelligensie bygewoon.  Personeel het waardevolle insette ontvang oor die bepaling van doelstellings, die vaardighede om ‘n mens se eie emosies en die emosies van ander te identifiseer, te evalueer en te bestuur.

Emosionele

Verjaardaggroep 3 het die personeel met ‘n heerlike burger braai bederf.  Dankie vir al die moeite hiermee.

Verjaardaggroep

Ons moes ongelukkig van Heidi Appollis, Ontvangsdame, afskeid neem.  Ons beste wense vergesel Heidi vir die toekoms.  Ons nuwe Ontvangsdame sluit Woensdag 14 September by ons span aan.

Heidi

BGR was by die Loopbanedag van Stellenbosch verteenwoordig.

Loopbanedag

Loopbaangeleenthede:

Ons het geleentheid vir ‘n Rekenmeester om by ons span aan te sluit.

Studente of Matrikulante wat vanaf 2017 SAIPA klerkskappe wil doen, kan gerus ‘n CV met ‘n akademiese rekord stuur.

BGR Assosiasie het ‘n geleentheid vir ‘n Bemarking- en Skakelbeampte.

Rig enige navrae ten opsigte van die poste aan venessa@fhbc.co.za.