PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Tydens Madibadag het ons ook ‘n spanbou gehad. Ons het eerstens kinders se harte bly gemaak en daarna kon ons heerlik by Pappas Grill & Pizzeria eet en die samesyn geniet. Ons kon weer vir Hugenote Hoërskool se Graad 11 rekeningkunde leerders besoek. Ons het ‘n kollega welkom geheet, maar moes ongelukkig ook ‘n kollega groet. Ons het wense van voorspoed aan die betrokke skole se spanne tydens die interskole gestuur.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Ons deel graag foto’s van ons “Kersfees in Junie” verjaarsdagvieringe. Ons kon skoliere akkommodeer om vakansiewerk te doen. Ons sien uit na ons volgende spanbou wat met Madibadag gekombineer word. Ons neem afskeid van ‘n kollega en verwelkom ook nuwe spanlede.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Ons deel graag foto’s van ons spanbou. Een van ons direkteure het in die buiteland gaan fiets ry. Twee nuwelinge is verwelkom, maar ons moes ongelukkig ook kollegas groet. ‘n Skool was besoek, die personeel het gaan stem, Pantoffeldag was ondersteun en ons sien uit na nog ‘n verjaarsdagpartytjie.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Ons het personeellede se verjaarsdae gevier, aan ‘n rolbaltoernooi deelgeneem, ‘n gholfdag ondersteun en aan Wellington se halfmaraton deelgeneem. Ons sien uit na ‘n spanbou, twee nuwe kollegas wat by ons aansluit en ons sal ons kruisies tydens stemdag gaan trek.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Veels geluk aan Jacobus Maree (Direkteur) en sy spanmaat wat die ABSA Cape Epic bergfietsresies voltooi het. Ons vertrou almal het die Paasnaweek geniet. Ons het ‘n spanmaat welkom geheet. Ons neem deel aan die “Battle of the professions” rolbaltoernooi in die Paarl.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Die Afskopbraai was 19 Januarie by Wellington se rolbalklub. Ons het drie nuwelinge welkom geheet. Ons neem deel aan Wellington se Krieketbesigheidsliga, asook die Rolbalbesigheidsliga. Verder oefen een van ons direkteure vir die ABSA Cape Epic fietsresies, Valentynsdag was gevier en ons groet aan die einde van die maand twee kollegas.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

Ons deel nog ‘n paar foto’s van ons Jaareindfunksie en ons deel foto’s van ons Kerspartytjie op 13 Desember. Ons spog met personeel se loopbaanvordering, asook met nuwelinge wat by ons aangesluit het. Die Afskopbraai was 19 Januarie en ons sien uit na die jaar wat voorlê.

PERSONEELNUUS

PERSONEELNUUS

‘n Babadogtertjie is welkom geheet, Internasionale Rekenmeestersdag is gevier, twee bruilofsfeeste was gehou, ons het ou papierwerk laat snipper, ‘n heerlike jaareindfunksie geniet en binnekort is ons Kerspartytjie.